GENESIS 3:9-11
GENESIS 3:9-11 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar die Here God het na die mens geroep en vir hom gevra: “Waar is jy?” En die mens antwoord: “Ek het U hoor wandel in die tuin en ek het bang geword, want ek is kaal. Toe het ek weggekruip.” Die Here God vra toe: “Hoe het jy te wete gekom dat jy kaal is? Het jy tog nie van die boom geëet waarvan Ek jou verbied het om te eet nie?”
GENESIS 3:9-11 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die HERE God het na die mens geroep en vir hom gevra: “Waar is jy?” Hy het geantwoord: “Ek het U in die tuin hoor beweeg, en ek was bang, want ek is naak; toe het ek weggekruip.” Hy vra toe: “Wie het vir jou vertel dat jy naak is? Het jy van die boom geëet waaroor Ek jou beveel het dat jy nie daarvan mag eet nie?”
GENESIS 3:9-11 Die Boodskap (DB)
Die Here God moes toe na die mens roep en sê: “Waar is jy?” Die mens het verleë geantwoord: “Hier is ek. Toe ek hoor U is hier het ek bang geword, want ek is mos kaal. Toe het ek weggekruip.” Die Here God vra toe vir die mens: “Wie het jou vertel dat jy kaal is? Of het jy van die verbode boom se vrugte geëet?”
GENESIS 3:9-11 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die HERE God het toe na die mens geroep: “Waar is jy?” Hy antwoord: “Ek het U hoor aankom in die tuin en gaan wegkruip. Ek was bang omdat ek sonder klere is.” “Wie het vir jou gesê dat jy sonder klere is?” vra die HERE God. “Het jy dan van die boom geëet wat Ek jou beveel het om nie te eet nie?”
GENESIS 3:9-11 Bybel vir almal (ABA)
Toe roep die Here God die mens en Hy vra vir hom: “Waar is jy?” Die mens het geantwoord: “Ek het gehoor U is in die tuin en ek het bang geword, want ek is kaal. Toe kruip ek weg.” Die Here God vra toe vir die mens: “Wie het vir jou gesê jy is kaal? Het jy geëet van die vrugte wat Ek gesê het jy mag nie eet nie?”
GENESIS 3:9-11 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe roep die HERE God na die mens en sê vir hom: Waar is jy? En hy antwoord: Ek het u geruis gehoor in die tuin en gevrees, want ek is naak; daarom het ek my verberg. En Hy sê: Wie het jou te kenne gegee dat jy naak is? Het jy geëet van die boom waarvan Ek jou beveel het om nie te eet nie?
GENESIS 3:9-11 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En die HERE God het na die mens geroep en vir hom gesê: Waar is jy? En Adam sê: Ek het jou stem in die tuin gehoor, en ek was bang, want ek was naak; en ek het weggekruip. En hy sê: Wie het jou vertel dat jy naak is? Het jy geëet van die boom waarvan Ek jou beveel het om nie te eet nie?