GENESIS 30:9-21

GENESIS 30:9-21 Bybel vir almal (ABA)

Lea kon nie meer kinders kry nie. Sy neem toe haar slavin Silpa en sy gee haar vir Jakob om sy vrou te wees. Lea se slavin Silpa het 'n seun gekry vir Jakob, en Lea het gesê: “Ek is gelukkig.” Daarom het sy hom Gad genoem. Toe kry Lea se slavin nog 'n seun vir Jakob, en Lea sê: “Ek is gelukkig. Die vroue sal sê ek is baie gelukkig.” Daarom het sy haar seun Aser genoem. Dit was die tyd om koring af te sny. Ruben het liefdes-appels in die veld gekry en hy het dit vir sy ma Lea gebring. Toe sê Ragel vir Lea: “Gee asseblief vir my van jou seun se liefdes-appels.” Maar Lea het haar geantwoord: “Jy het al klaar my man gevat. Nou wil jy ook my seun se liefdes-appels vat!” Toe sê Ragel: “As jy vir my van jou seun se liefdes-appels gee, dan mag Jakob vannag by jou slaap.” Toe Jakob daardie aand uit die veld kom, het Lea na hom toe gegaan en vir hom gesê: “Jy moet vanaand by my kom slaap, want ek het daarvoor betaal met my seun se liefdes-appels.” Jakob het toe daardie nag seks gehad met Lea. Die Here het geluister na Lea se gebed, en sy het weer swanger geword. Sy het 'n vyfde seun vir Jakob gekry. Toe sê Lea: “God was goed vir my. Hy het my beloon omdat ek my slavin vir my man gegee het om 'n kind te kry.” Sy het die seun Issaskar genoem. Lea het weer swanger geword en sy het 'n sesde seun vir Jakob gekry. Toe sê Lea: “God het vir my 'n groot present gegee. Nou sal my man by my bly en hy sal onthou dat ek sy vrou is, want ek en hy het ses seuns gekry.” Sy het haar seun toe Sebulon genoem. Lea het daarna 'n dogter gekry en sy het haar Dina genoem.

GENESIS 30:9-21 Afrikaans 1983 (AFR83)

Toe Lea besef sy bring nie meer kinders in die wêreld nie, het sy haar slavin Silpa gevat en vir Jakob gegee as vrou. Sy het vir hom 'n seun in die wêreld gebring, en Lea het gesê: “Nou is ek gelukkig!” Sy het die seun Gad genoem. Daarna het Lea se slavin Silpa 'n tweede seun vir Jakob in die wêreld gebring, en Lea het gesê: “Hoe gelukkig is ek. Die vrouens sal my Die Gelukkige noem!” Toe noem sy die seun Aser . Op 'n keer het Ruben in die oestyd veld toe gegaan en liefdesappels gepluk. Hy het dit vir sy ma Lea gebring. Ragel het vir haar gesê: “Gee vir my van die liefdesappels wat jou seun gebring het.” Toe vra Lea vir haar: “Is jy nie daarmee tevrede dat jy my man gevat het nie? Wil jy nou nog ook die liefdesappels vat wat my seun gebring het?” Daarop het Ragel geantwoord: “In ruil daarvoor mag Jakob vannag by jou slaap.” Toe Jakob die aand van die veld af kom, gaan Lea hom tegemoet en sê vir hom: “Jy moet na my toe kom, want om jou te kry, het ek die volle prys betaal met die liefdesappels wat my seun gebring het.” Daardie nag het Jakob toe by haar geslaap. God het Lea se gebed verhoor, en sy het swanger geword en 'n vyfde seun vir Jakob in die wêreld gebring. Sy het gesê: “God het my 'n loon gegee omdat ek my slavin aan my man gegee het.” Toe noem sy die seun Issaskar . Lea het weer swanger geword en 'n sesde seun vir Jakob in die wêreld gebring. Toe sê sy: “God het hierdie keer 'n mooi geskenk aan my gegee. Nou sal my man by my bly, want ek het ses seuns vir hom in die wêreld gebring.” Toe noem sy die seun Sebulon . Daarna het sy 'n dogter in die wêreld gebring en haar Dina genoem.

GENESIS 30:9-21 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)

Toe Lea sien dat sy opgehou het om kinders in die wêreld te bring, het sy Silpa, haar slavin, geneem en haar vir Jakob as vrou gegee. Silpa, die slavin van Lea, het vir Jakob 'n seun in die wêreld gebring. Lea het gesê: “Geluk het gekom!” Sy het hom Gad genoem. Silpa, Lea se slavin, het vir Jakob 'n tweede seun in die wêreld gebring. Lea het gesê: “Tot my geluk! Want die vroue sal my gelukkig noem.” Sy het hom Aser genoem. Ruben het in die tyd van die koringoes uitgegaan en in die land op alruin afgekom. Hy het dit vir Lea, sy moeder, geneem. Ragel het vir Lea gesê: “Gee asseblief vir my van jou seun se alruin.” Maar sy het haar geantwoord: “Was dit nie vir jou genoeg om my man te vat nie, dat jy ook nog my seun se alruin wil vat?” Daarop sê Ragel toe: “Nou goed, hy mag maar vannag by jou slaap in ruil vir jou seun se alruin.” Toe Jakob teen die aand van die land af kom, het Lea uitgegaan om hom te ontmoet en vir hom gesê: “Na my moet jy kom, want ek het jou eerlik gehuur met my seun se alruin.” Hy het toe daardie nag by haar geslaap. God het Lea verhoor; sy het swanger geword en vir Jakob 'n vyfde seun in die wêreld gebring. Lea sê toe: “God het my beloning vir my gegee, omdat ek my slavin vir my man gegee het.” Sy het hom Issaskar genoem. Lea het weer swanger geword en 'n sesde seun vir Jakob in die wêreld gebring. Lea het gesê: “God het vir my 'n mooi geskenk gegee! Hierdie keer sal my man sy intrek by my neem, want ek het vir hom ses seuns in die wêreld gebring.” Sy het hom Sebulon genoem Daarna het Lea geboorte gegee aan 'n dogter, en sy het haar Dina genoem.

GENESIS 30:9-21 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)

Toe Lea sien dat sy baar, het sy haar slavin Silpa geneem en Jakob vir haar as vrou gegee. Silpa, die slavin van Lea, het vir Jakob 'n seun gebaar. Toe sê Lea: 'n bende kom, en sy het hom Gad genoem. Silpa, die slavin van Lea, het vir Jakob 'n tweede seun gebaar. Toe sê Lea: Gelukkig is ek, want die dogters sal my geseënd noem; en sy het hom Aser genoem. En Ruben het in die dae van die koring-oes gegaan en mandrake in die veld gekry en dit na sy moeder Lea gebring. Daarop sê Ragel vir Lea: Gee tog vir my van jou seun se liefdesappels. En sy sê vir haar: Is dit 'n geringe saak dat jy my man geneem het? en wil jy ook die liefdesappels van my seun wegneem? Toe sê Ragel: Daarom sal hy vannag by jou lê vir jou seun se liefdesappels. En Jakob het teen die aand uit die veld gekom, en Lea het uitgegaan hom tegemoet en gesê: Jy moet na my toe ingaan; want sekerlik het ek jou gehuur met my seun se mandrake. En hy het daardie nag by haar gelê. En God het na Lea geluister, en sy het swanger geword en vir Jakob die vyfde seun gebaar. Toe sê Lea: God het my loon gegee, omdat ek my diensmeisie aan my man gegee het; en sy het hom Issaskar genoem. En Lea het weer bevrug geword en vir Jakob die sesde seun gebaar. Toe sê Lea: God het my 'n goeie bruidskat gegee; nou sal my man by my woon, want ek het vir hom ses seuns gebaar; en sy het hom Sébulon genoem. En daarna het sy 'n dogter gebaar en haar Dina genoem.

GENESIS 30:9-21 Die Boodskap (DB)

Toe Lea sien sy kan nie meer kinders kry nie, het sy haar slavin, Silpa, gaan vat en haar vir Jakob gegee. Silpa het vir Jakob ’n seun in die wêreld gebring. Lea het net gesê: “Watter goeie geluk!” en die kind Gad genoem. Silpa het nog ’n kind gehad en Lea het gesê: “Mooi so, die geluk is aan my kant. Al die ander vroue sal my sukses raaksien en my gelukkig ag.” Daarom het sy die kind Aser genoem. Op ’n dag, tydens die oestyd, het Ruben in die veld gaan stap. Hy het liefdesappels gesien en dit opgetel. Liefdesappels was ’n vrug wat mense lief gemaak het vir mekaar. Ruben het die liefdesappels vir sy ma gebring. Toe Ragel dit sien, het sy dadelik gesê: “Lea, gee my asseblief van Ruben se liefdesappels.” Lea het geïrriteerd gevra: “Wat? Is dit nie genoeg dat jy my man gevat het nie? Nou wil jy nog my kind se liefdesappels ook hê.” “Asseblief, Lea,” het Ragel gepleit, “jy kan vannag my beurt kry. Jakob kan by jou gaan slaap, maar dan moet jy my van jou kind se liefdesappels gee.” Lea het die liefdesappels toe vir haar gegee. Toe Jakob die aand van die veld af kom, het Lea hom tegemoetgestap. “Jakob,” het sy geroep, “jy slaap vanaand by my. Ek het klaar daarvoor betaal met Ruben se liefdesappels wat hy opgetel het.” Jakob het toe by Lea geslaap. God het Lea se gebede verhoor en sy het verwag en vir Jakob ’n seun gegee. Dit was die vyfde een. Lea het gesê: “God beloon my omdat ek my slavin vir Jakob gegee het.” Sy het die kind Issaskar genoem. Lea het sowaar weer verwag en nog ’n seun vir Jakob gegee. Dit was die sesde. Lea het gesê: “God het my werklik ’n kosbare geskenk gegee. Hierdie keer sal Jakob presente vir my moet bring, want ek het hom ses seuns gegee.” Sy het die kind Sebulon genoem. Die laaste kind was ’n dogtertjie en Lea het haar Dina genoem.

GENESIS 30:9-21 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Intussen het Lea besef dat sy nie meer swanger gaan word nie. Toe gee sy haar slavin Silpa as vrou vir Jakob. Daarna het Silpa ook geboorte gegee aan ’n seun vir Jakob. Lea het hom Gad genoem, want sy het gesê: “Hoe gelukkig is ek!” Daarna het Silpa geboorte gegee aan ’n tweede seun. Lea het hom Aser genoem, want sy het gesê: “Watter vreugde het my te beurt geval! Die ander vroue sal my sekerlik as gelukkig beskou!” Eendag het Ruben tydens die oestyd op liefdesappels in die veld afgekom. Hy het dit vir sy ma, Lea, gebring. Ragel pleit toe by Lea om daarvan vir haar te gee. Maar Lea het haar vererg en gesê: “Is dit nie genoeg dat jy my man gevat het nie? Nou wil jy nog boonop my seun se liefdesappels ook vat?” Ragel sê toe vir haar: “Hy kan vannag by jou slaap in ruil vir die liefdesappels.” Daardie aand, toe Jakob uit die veld tuiskom, gaan Lea hom tegemoet. “Jy moet vanaand by my slaap,” sê sy. “Ek het daarvoor betaal met die liefdesappels van my seun.” Jakob het toe by haar geslaap. God het haar gebede verhoor. Sy het weer swanger geword en geboorte gegee aan ’n vyfde seun. Sy het hom Issaskar genoem, want sy het gesê: “God het my beloon omdat ek my slavin vir my man as vrou gegee het.” Sy het weer swanger geword en geboorte gegee aan ’n sesde seun. Sy het hom Sebulon genoem, want sy het gesê: “God het ’n goeie geskenk vir my gegee. Nou sal my man by my kom bly, want ek het vir hom al ses seuns gegee.” Later het sy ook aan ’n dogter geboorte gegee en haar Dina genoem.