GENESIS 33:8 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion
GENESIS 33:8 AFR83 (Afrikaans 1983)
Toe vra Esau: “En wat is jou bedoeling met al daardie goed wat ek gekry het?” en Jakob antwoord: “Dit is om u vriendskap te wen.”
GENESIS 33:8 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Daarop sê hy: Wat is jou bedoeling met daardie hele laer wat ek teëgekom het? En hy antwoord: Om guns te vind in die oë van my heer.
GENESIS 33:8 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
“En wat is jou bedoeling met al daardie goed wat ek gekry het?” vra Esau. “Dit is geskenke om u goeie guns te wen, my heer,” antwoord Jakob.
GENESIS 33:8 DB (Die Boodskap)
Die laaste twee was Josef en Ragel. Hulle het ook voor Esau gebuig.
GENESIS 33:8 ABA (Bybel vir almal)
Toe vra Esau: “Hoekom het jy al daardie goed vir my gegee?” En Jakob antwoord: “Dit is 'n present sodat Meneer vriendelik sal wees met my.”
GENESIS 33:8 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Esau vra toe: “Wat is jou bedoeling met hierdie hele leërskare wat ek teëgekom het?” Jakob het geantwoord: “Dit is om guns te vind in die oë van my heer.”
GENESIS 33:8 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En hy sê: Wat bedoel jy met al hierdie trop wat ek ontmoet het? En hy sê: Hulle sal genade vind in die oë van my heer.