GENESIS 4:15
GENESIS 4:15 Bybel vir almal (ABA)
Die Here het vir Kain gesê: “Nee. As iemand jou doodmaak, dan sal Ek hom baie swaar straf.” Die Here maak toe 'n merk op Kain. Die merk het almal gewaarsku om nie vir Kain dood te maak nie.
GENESIS 4:15 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar die HERE sê vir hom: Daarom, as enigeen Kain doodslaan, sal dit sewevoudig gewreek word. En die HERE het 'n teken gegee aan Kain, sodat enigeen wat hom kry, hom nie sou doodslaan nie.
GENESIS 4:15 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar die Here sê vir hom: “Nee! Wie vir Kain vermoor, sal sewe maal gestraf word.” Toe gee die Here vir Kain 'n teken sodat niemand wat hom raakloop, hom sou doodmaak nie.
GENESIS 4:15 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe sê die HERE vir hom: Daarom sal elkeen wat Kain doodmaak, sewevoudig op hom gewreek word. En die HERE het 'n merk op Kain gemaak, dat niemand wat hom vind, hom sou doodmaak nie.
GENESIS 4:15 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die HERE antwoord hom: “Nee, hulle sal jou nie doodmaak nie, want enigiemand wat jou doodmaak, sal sewe maal gestraf word.” Toe sit die HERE God ’n teken aan hom sodat niemand wat hom teëkom hom sal doodmaak nie.