GENESIS 4:7
GENESIS 4:7 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Is daar nie verheffing as jy goed doen nie? En as jy nie goed doen nie — die sonde lê en loer voor die deur, en sy begeerte is na jou; maar jy moet daaroor heers.
GENESIS 4:7 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
As jy goed doen, sal jy nie aanvaar word nie? en as jy nie goed doen nie, lê die sonde voor die deur. En na jou sal sy begeerte wees, en jy sal oor hom heers.
GENESIS 4:7 Bybel vir almal (ABA)
As jy doen wat reg is, dan sal jy gelukkig wees. Maar as jy doen wat verkeerd is, dan doen jy sonde. Die sonde is altyd naby jou en wil jou vang, maar jy moet die sonde oorwin.”
GENESIS 4:7 Afrikaans 1983 (AFR83)
Wag daar nie vir jou blydskap as jy goed doen nie? As jy nie goed doen nie – die sonde wag jou in daarbuite en hy wil jou in sy mag kry. Maar jy moet oor hom heers.”
GENESIS 4:7 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Is dit nie so dat, as jy goed doen, jy jou kop kan optel nie? As jy egter nie goed doen nie, lê die sonde op die loer voor die deur. Na jou is sy begeerte, maar jy moet oor hom heers.”