GENESIS 43:30
GENESIS 43:30 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Josef het gou gemaak, want sy binneste was ontroerd oor sy broer: hy het geleentheid gesoek om te ween en in die kamer gegaan en daar geween.
Deel
Lees GENESIS 43GENESIS 43:30 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe het Josef haastig padgegee om eenkant te gaan huil, want sy gemoed was vol oor sy broer. Josef is na sy kamer toe en hy het daar gaan huil.
Deel
Lees GENESIS 43GENESIS 43:30 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Josef is haastig uit, want hy was diep ontroer oor sy broer, en was op die punt om te huil. Hy gaan toe sy slaapkamer binne en huil daar.
Deel
Lees GENESIS 43GENESIS 43:30 Bybel vir almal (ABA)
Toe gaan Josef vinnig uit die kamer, want hy wou huil omdat sy broer gekom het. Hy het in 'n ander kamer gaan huil.
Deel
Lees GENESIS 43GENESIS 43:30 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Josef het gou gemaak; want sy ingewande het verlang na sy broer, en hy het gesoek waar om te ween; en hy het in sy kamer ingegaan en daar geween.
Deel
Lees GENESIS 43