GENESIS 49:8-12
GENESIS 49:8-12 Bybel vir almal (ABA)
“Juda, jou broers sal jou prys. Jy sal jou vyande oorwin en jy sal regeer oor jou broers. My seun Juda, jy is soos 'n jong leeu wat opstaan nadat hy 'n bok gevang het. Jy gaan lê soos 'n leeu wat gaan slaap, en almal is bang om jou te pla. Daar sal altyd 'n koning in jou nageslag wees. Hy sal regeer totdat Silo kom. Baie volke sal gehoorsaam wees aan hom. Hy sal die beste wingerdstokke hê en hy sal sy donkie daaraan vasmaak. Hy sal so baie wyn hê dat hy sy klere daarin kan was. Sy oë sal meer blink as wyn, sy tande sal witter wees as melk.
GENESIS 49:8-12 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Juda, jy is dit! Jou sal jou broers loof. Jou hand sal op die nek van jou vyande wees; voor jou sal die seuns van jou vader hulle neerbuig. Juda is 'n jong leeu; van die roof af het jy opgeklim, my seun. Hy buig hom, hy gaan lê soos 'n leeu en soos 'n leeuin; wie sal hom opjaag? Die septer sal van Juda nie wyk nie, nòg die veldheerstaf tussen sy voete uit totdat Silo kom; en aan Hom sal die volke gehoorsaam wees. Hy maak sy jong esel vas aan die wingerdstok en die vul van sy eselin aan die edelste wynstok; Hy was sy kleed in wyn en sy gewaad in druiwebloed. Hy is donkerder van oë as wyn en witter van tande as melk.
GENESIS 49:8-12 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Juda, dit is jy vir wie jou broers sal eer: jy sal jou vyande onderwerp en jou broers sal voor jou buig. Jy is 'n leeu, my seun Juda, wat van die prooi af wegstap. Jy rek jou uit, jy gaan lê rustig soos 'n leeu, soos 'n leeumannetjie wat deur niemand opgejaag word nie. Jy sal altyd heers, jy sal aanhou regeer totdat Silo kom, die heerser aan wie die volke hulle sal onderwerp. Hy maak sy rydier vas aan 'n wingerdstok, sy donkie aan die beste wingerdstok. Sy klere is so rooi soos wyn, sy koningskleed so rooi soos druiwesap. Sy oë is donkerder as wyn, sy tande witter as melk.
GENESIS 49:8-12 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“ Juda, jy, jou broers sal jou prys! Jou hand sal op die nek van jou vyande wees; die seuns van jou vader sal diep voor jou buig. 'n Leeuwelpie is Juda; van die prooi, my seun, het jy opgestaan. Hy sak af, gaan lê soos 'n leeu, soos 'n leeuwyfie. Wie sal hom opjaag? Die septer sal nie van Juda wyk nie, ook nie die heerserstaf tussen sy voete nie, totdat hy aan wie dit behoort, kom, en volke aan hom gehoorsaam is. Aan 'n wingerdstok maak hy sy donkiehings vas, aan 'n edeldruif die vul van sy donkiemerrie. Hy was sy bokleed in wyn, en sy klere in die sap van druiwe. Die oë is donkerder as wyn, die tande witter as melk.
GENESIS 49:8-12 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Juda, jy is die een wat jou broers sal prys; jou hand sal in die nek van jou vyande wees; jou vader se kinders sal voor jou neerbuig. Juda is 'n leeumannetjie; van die buit af, my seun, het jy opgeklim; wie sal hom opwek? Die septer sal van Juda nie wyk nie, ook nie 'n wetgewer tussen sy voete uit totdat Silo kom nie; en vir hom sal die versameling van die volk wees. Hy bind sy vul aan die wingerdstok en sy eselvul aan die uitgesoekte wingerdstok; hy het sy klere in wyn gewas en sy klere in die bloed van druiwe. Sy oë sal rooi wees van wyn en sy tande wit van melk.
GENESIS 49:8-12 Die Boodskap (DB)
“Juda, al jou broers sal jou eer. Jou vyande sal jou onderdanig wees. Jou broers sal in respek voor jou buig. Juda is soos ’n jong leeu, hy vernietig sy prooi en keer na sy lêplek terug. Soos ’n leeu krul hy hom in sy blyplek op en niemand sal dit naby sy skuilplek waag nie. Juda sal nog koning word en sy koningskap sal eeue lank duur. Uit jou sal iemand kom wat regeer. Van oral sal die volke kom om in eerbied voor hom te buig en hom te eer. Juda sal altyd volop hê. Aan sy wingerde sal die groot, ryp trosse swaar hang. Sy donkies sal sommer van die beste druiwe staan en eet en sy klere sal hy in rooi wyn was. Sy mooi oë sal donkerder as wyn wees en sy tande wit van al die melk.
GENESIS 49:8-12 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“Juda, jou broers sal jou prys. Jy sal jou vyande onderwerp. Jou broers sal voor jou buig. Juda is ’n jong leeu wat pas sy prooi verslind het. Soos ’n leeu rek hy uit en gaan lê, soos ’n leeumannetjie, en wie sal hom steur? Die mag sal nie van Juda weggeneem word nie, ook nie die heerskappy van sy nasate nie, totdat die een kom aan wie dit behoort, die een vir wie die nasies sal gehoorsaam. Hy maak sy donkie vas aan ’n druiwestok, die vul van sy donkie aan die beste wingerdstok. Hy was sy klere in wyn, sy kleed in druiwemos. Sy oë is donkerder as wyn en sy tande witter as melk.