GENESIS 50:19-21
GENESIS 50:19-21 Bybel vir almal (ABA)
Maar Josef het vir hulle gesê: “Moenie bang wees nie, ek is nie God nie. Julle het slegte planne gemaak teen my, maar God het dit verander en Hy het dit 'n goeie plan gemaak. Hy het julle plan gebruik om baie mense se lewens te red, tot vandag toe. Julle moenie nou bang wees nie. Ek sal vir julle en julle kinders sorg.” Josef was baie vriendelik met sy broers en hy het mooi met hulle gepraat. Toe was hulle nie meer bang nie.
GENESIS 50:19-21 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar Josef het hulle geantwoord: Moenie bevrees wees nie; want is ek in die plek van God? Want júlle het wel kwaad teen my bedink, maar God het dit ten goede gedink om te doen soos dit vandag is, om 'n groot volk in die lewe te hou. Wees dan nou nie bevrees nie: ék sal julle en julle kinders onderhou. So het hy hulle dan getroos en na hulle hart gespreek.
GENESIS 50:19-21 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar Josef het hulle geantwoord: “Moenie bang wees nie. Ek is nie God nie. Julle wou my kwaad aandoen, maar God wou daarmee goed doen: Hy het gesorg dat 'n groot volk nou in die lewe gebly het. Moenie bang wees nie. Ek sal sorg dat julle en julle kinders kos het.” Josef het hulle jammer gekry en hulle gerusgestel.
GENESIS 50:19-21 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar Josef het vir hulle gesê: “Moenie bang wees nie, want is ek in God se plek? Julle het kwaad teen my beplan, maar God het dit vir iets goeds in gedagte gehad, met die doel om te doen wat vandag gebeur – om 'n groot volk aan die lewe te hou. Dus, moenie bang wees nie! Ek self sal julle en julle afhanklikes van kos voorsien.” So het hy hulle getroos en mooi met hulle gepraat.
GENESIS 50:19-21 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Josef sê vir hulle: Moenie vrees nie, want is ek in die plek van God? Maar julle, julle het kwaad teen My gedink; maar God het dit ten goede bedoel om te doen, soos dit vandag is, om baie mense in die lewe te hou. Vrees dan nou nie: Ek sal julle en julle kindertjies voed. En hy het hulle getroos en vriendelik met hulle gepraat.
GENESIS 50:19-21 Die Boodskap (DB)
Josef het gesê: “Moet tog nie bang wees nie. Ek is mos nie God nie. Julle het ’n vreeslike ding gedoen, maar God het die slegte ding in iets goeds verander. Baie mense leef vandag en het kos omdat julle my daardie dag verkoop het. Julle hoef regtig niks te vrees nie. Tot die einde toe sal ek vir julle en julle kinders sorg.” Josef se woorde was vol deernis en sy liefde teenoor sy broers het hulle getroos en bemoedig.
GENESIS 50:19-21 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Maar Josef sê vir hulle: “Moenie vir my bang wees nie. Ek is nie in God se skoene om julle te straf nie. Julle het my wel kwaad aangedoen, maar God het die kwaad wat julle gedoen het, omgekeer in iets wat goed is. Hy het deur my gesorg dat ’n groot volk oorleef. Moenie bang wees nie. Wees verseker: Ek sal self vir julle en julle gesinne sorg.” Hy het hulle jammer gekry en hulle gerusgestel.