HEBREËRS 10:10 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion
HEBREËRS 10:10 AFR83 (Afrikaans 1983)
Omdat God dit so wou, is ons vir Hom afgesonder deurdat Jesus Christus sy liggaam as offer gebring het, eens en vir altyd.
HEBREËRS 10:10 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Deur hierdie wil is ons geheilig deur die offer van die liggaam van Jesus Christus, net een maal.
HEBREËRS 10:10 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Omdat God dit so wou hê, is ons geheilig deur Jesus se liggaam wat eens en vir altyd vir ons geoffer is.
HEBREËRS 10:10 DB (Die Boodskap)
So het Jesus gedoen wat God wou hê. Hy het eens en vir altyd sy liggaam as ’n offer vir ons gegee. Op dié manier het ons God s’n en net Syne geword.
HEBREËRS 10:10 ABA (Bybel vir almal)
Daarom weet ons dat Jesus Christus gedoen het wat God wil hê. Jesus Christus het Homself net een maal, vir altyd, ge-offer. Daarom is ons aan God gewy.
HEBREËRS 10:10 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Volgens sy wil is ons heilig gemaak deur die offer van die liggaam van Jesus •Christus, eens en vir altyd.
HEBREËRS 10:10 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Deur watter wil is ons geheilig deur die offer van die liggaam van Jesus Christus eens vir altyd.