HEBREËRS 10:19-20
HEBREËRS 10:19-20 Afrikaans 1983 (AFR83)
Broers, ons het dus nou deur die bloed van Jesus vrye toegang tot die heiligdom, en dit op 'n weg wat nuut is en na die lewe lei. Hierdie weg het Hy vir ons gebaan deur die voorhangsel heen, dit is deur sy liggaam.
HEBREËRS 10:19-20 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Broers, ons het dus vrymoedigheid deur die bloed van Jesus om in te gaan na die heiligdom, langs 'n nuwe en lewende weg wat Hy vir ons geopen het deur die voorhangsel heen, dit is deur sy liggaam
HEBREËRS 10:19-20 Bybel vir almal (ABA)
Daarom, vriende, omdat Jesus vir ons gesterf het, mag ons na God toe gaan in die gewyde tempel. Jesus het vir ons 'n nuwe pad oopgemaak na God toe, dit is 'n pad wat vir ons bring na die ware lewe by God omdat Jesus deur die gordyn ingegaan het in die hoog-gewyde kamer. Hy het dit gedoen toe Hy self gesterf het.
HEBREËRS 10:19-20 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
TERWYL ons dan, broeders, vrymoedigheid het om in die heiligdom in te gaan deur die bloed van Jesus op die nuwe en lewende weg wat Hy vir ons ingewy het deur die voorhangsel heen, dit is sy vlees
HEBREËRS 10:19-20 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Deur dan, broeders, vrymoedigheid te hê om in die heiligste in te gaan deur die bloed van Jesus, Op 'n nuwe en lewende weg wat Hy vir ons geheilig het, deur die voorhangsel, dit is sy vlees
HEBREËRS 10:19-20 Die Boodskap (DB)
My liewe vriende, ons hoef nou nie meer onseker of bang te wees om na God toe te gaan waar Hy in die Heiligste deel is nie. Ons kan dit doen omdat Jesus vir ons gesterf het. Ons het gesê dat daar tussen die twee kamers in die Heilige plek ’n gordyn gehang het. Jesus se liggaam kan met dié gordyn vergelyk word. Die gordyn van Jesus se liggaam is geskeur om so ’n nuwe pad na die lewe saam met God oop te maak.
HEBREËRS 10:19-20 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Broers en susters, ons het dus nou deur die bloed van Jesus volle vrymoedigheid om in die hemelse heiligdom in te gaan. Hy het hierdie nuwe, lewegewende pad wat deur die binneste voorhangsel tot by God gaan, vir ons oopgemaak deur vir ons te sterf.