HEBREËRS 11:1-2
HEBREËRS 11:1-2 Bybel vir almal (ABA)
Dit is waar: Mense wat in God glo, is baie seker dat God die dinge sal doen wat hulle hoop. Geloof is 'n bewys van die dinge wat 'n mens nie kan sien nie. Ons voorouers het in God geglo, en daarom sê die Ou Testament dat God tevrede was met hulle.
HEBREËRS 11:1-2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
DIE geloof dan is 'n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, 'n bewys van die dinge wat ons nie sien nie. Want daardeur het die mense van die ou tyd getuienis ontvang.
HEBREËRS 11:1-2 Afrikaans 1983 (AFR83)
Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie. Dit is immers vanweë hulle geloof dat daar oor die mense van die ou tyd met soveel lof getuig is.
HEBREËRS 11:1-2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Geloof, egter, is sekerheid van die dinge wat gehoop word, 'n bewys van die dinge wat nie gesien word nie. Dit is immers vanweë hulle geloof dat daar met lof aangaande die mense van ouds getuig is.
HEBREËRS 11:1-2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Nou is die geloof 'n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, 'n bewys van die dinge wat ons nie sien nie. Want daardeur het die ouderlinge 'n goeie verslag gekry.
HEBREËRS 11:1-2 Die Boodskap (DB)
Wat beteken dit om op God te vertrou? Geloof of vertroue in God beteken om nie een oomblik te twyfel nie dat Hy sy beloftes sal hou en om daarna uit te sien. Ons kan dit wel nie nou al sien nie, maar ons weet vir seker dat dit sal gebeur. Die Skrif praat met groot lof oor mense van die ou tyd wat so op God vertrou het.
HEBREËRS 11:1-2 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Wat is geloof dan? Dit is ’n vaste versekering dat die dinge waarna ons uitsien, inderdaad sal gebeur. Dit is die bewys dat God die dinge wat ons nog nie kan sien nie, waar sal maak. Juis op grond van hierdie geloof word daar so positief oor die mense van vroeër getuig.