HEBREËRS 11:4
HEBREËRS 11:4 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Omdat Abel geglo het, het hy ’n beter offer as Kain aan God gebring. God het Abel se offer aanvaar en daarmee bevestig dat hy ’n regverdige mens is. En al is hy lankal dood, praat hy deur sy geloof nog steeds met ons.
HEBREËRS 11:4 Bybel vir almal (ABA)
Abel het 'n offer gebring. Omdat Abel in God geglo het, daarom het God meer gehou van daardie offer as van Kain se offer. Abel het geglo, en daarom het God gesê dat Abel regverdig is, God het dit gesê omdat Hy tevrede was met Abel se offers. Abel het gesterf, maar hy het in God geglo, en daarom hoor ons vandag nog dat hy met ons praat oor sy geloof.
HEBREËRS 11:4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Deur die geloof het Abel 'n beter offer aan God gebring as Kain, waardeur hy getuienis ontvang het dat hy regverdig was, omdat God oor sy gawes getuienis gegee het; en deur dieselfde geloof spreek hy nog nadat hy dood is.
HEBREËRS 11:4 Afrikaans 1983 (AFR83)
Omdat Abel geglo het, het hy 'n beter offer aan God gebring as Kain. Vanweë Abel se geloof het hy van God bevestiging ontvang dat hy 'n opregte man is, want God het sy offers aangeneem; en deur dieselfde geloof spreek hy nou nog, al is hy reeds dood.
HEBREËRS 11:4 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Deur geloof het Abel 'n beter offer as Kain aan God gebring, waardeur getuig is dat hy regverdig was toe God oor sy gawes getuienis gelewer het; en deur geloof praat hy nog steeds, al het hy gesterf.
HEBREËRS 11:4 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Deur die geloof het Abel 'n beter offer aan God gebring as Kain, waardeur hy getuienis verkry het dat hy regverdig was, terwyl God van sy gawes getuig het, en daardeur spreek hy wat nog dood is.
HEBREËRS 11:4 Die Boodskap (DB)
Omdat Abel God vertrou het, het God meer van sy offer gehou as van sy broer Kain s’n. Juis omdat hy God vertrou het, was sy offer vir God goed en het God gesê dat sy verhouding met Hom reg is. Abel se geloof het dus tot vandag toe nog vir ons ’n boodskap, al is hy lankal dood.