HEBREËRS 12:26-28
HEBREËRS 12:26-28 Bybel vir almal (ABA)
In daardie tyd het God hard gepraat en sy stem het die aarde geskud, maar nou het Hy belowe: “ Ek sal nog een maal die aarde skud en Ek sal ook die hemel skud.” En hierdie woorde, “nog een maal”, sê duidelik dat God die dinge sal wegneem, die dinge wat Hy gemaak en geskud het, sodat net die dinge wat niemand kan skud nie, sal oorbly. Dit is seker dat God ons wil laat kom daar waar Hy Koning is, en daarom moet ons dankie sê vir God. Ons is dankbaar, en daarom moet ons vir God dien soos Hy wil hê, en ons moet Hom eer en respekteer
HEBREËRS 12:26-28 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe het sy stem die aarde geskud; maar nou het Hy belowe en gesê: Nog een maal laat Ek nie alleen die aarde nie, maar ook die hemel bewe. En hierdie woord: nog een maal, wys duidelik op die verandering van die wankelbare dinge as geskape dinge, sodat die onwankelbare kan bly. Daarom, omdat ons 'n onwankelbare koninkryk ontvang, laat ons dankbaar wees, en so God welbehaaglik dien met eerbied en vrees.
HEBREËRS 12:26-28 Afrikaans 1983 (AFR83)
Destyds het sy stem die aarde laat wankel, maar nou het Hy aangekondig: “Nog een maal sal Ek nie alleen die aarde laat bewe nie, maar ook die hemel.” Die woorde “nog een maal” laat duidelik blyk dat die geskape dinge, wat reeds aan die wankel is, finaal weggeneem sal word, sodat die onwankelbare dinge kan bly. Laat ons wat 'n onwankelbare koninkryk ontvang het, dan nou dankbaar wees. Laat ons God dankbaar dien met eerbied en ontsag, soos Hy dit wil
HEBREËRS 12:26-28 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Destyds het sy stem die aarde geskud, maar nou het Hy die volgende aangekondig: “Nog een keer sal Ek nie net die aarde skud nie, maar ook die hemel.” En hierdie uitdrukking “nog een keer” wys op die verandering van die wankelbare dinge – aangesien hulle geskape is – sodat die onwankelbare dinge sal bly. Daarom, terwyl ons 'n onwankelbare koninkryk ontvang, laat ons dankbaar wees en God daardeur op 'n welgevallige wyse dien, met eerbiedige onderworpenheid en ontsag.
HEBREËRS 12:26-28 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Wie se stem toe die aarde geskud het, maar nou het Hy dit beloof en gesê: Nog een maal bewe Ek nie alleen die aarde nie, maar ook die hemel. En hierdie woord, nog eens, dui op die verwydering van die dinge wat geskud word, as van die dinge wat gemaak is, sodat die dinge wat nie geskud kan word nie, kan bly. Daarom ontvang ons 'n onwankelbare koninkryk, laat ons genade hê, waardeur ons God welbehaaglik kan dien met eerbied en godvrugtige vrees.
HEBREËRS 12:26-28 Die Boodskap (DB)
Destyds het sy stem die aarde laat bewe, maar nou beloof Hy: “Ek sal nog ’n keer praat, en hierdie keer sal nie net die aarde bewe nie, maar ook die hemel.” Met die woorde “nog ’n keer” bedoel Hy dat alles op aarde uitmekaargeskud gaan word. Net dié dinge sal oorbly wat vir altyd daar sal wees. God maak ons nou deel van sy koninkryk wat vir altyd daar sal wees. Daaroor moet ons oorloop van dankbaarheid. Laat ons Hom dien met eerbied en al die respek wat Hy verdien en laat ons besef hoe klein ons regtig in vergelyking met Hom is. Daar staan nie verniet geskryf nie
HEBREËRS 12:26-28 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Destyds het God se stem van Sinaiberg af die aarde geskud. Maar nou kondig Hy aan: “Nog een keer sal Ek nie net die aarde laat bewe nie, maar ook die hemel.” Die “nog een keer” wys daarop dat die geskape dinge, wat reeds aan die wankel is, plek sal maak vir die onwankelbare, ewige dinge. Daarom moet ons wat bevoorreg is om hierdie onwankelbare koninkryk te ontvang, dankbaar wees, en ons dankbaarheid daarin laat blyk dat ons God gelukkig maak deur Hom met eerbied en ontsag te dien.