HEBREËRS 4:15-16
HEBREËRS 4:15-16 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die Hoëpriester wat ons het, is nie Een wat geen medelye met ons swakhede kan hê nie; Hy was immers in elke opsig net soos ons aan versoeking onderwerp, maar Hy het nie gesondig nie. Kom ons gaan dan met vrymoedigheid na die genadetroon, sodat ons barmhartigheid en genade ontvang en so op die regte tyd gered kan word.
HEBREËRS 4:15-16 Bybel vir almal (ABA)
Want ons het 'n Hoëpriester wat presies weet hoe dit voel om so swak te wees soos ons. Die duiwel het op baie maniere hard probeer om vir Jesus te verlei, soos hy ook vir ons probeer verlei. Maar Jesus het nie sonde gedoen nie. Daarom moet ons nie bang wees om tot God te bid nie, God wat op sy troon sit, God wat genadig is. Ons moet na Hom toe gaan sodat Hy jammer kan wees vir ons en genadig kan wees vir ons, en sodat Hy vir ons kan help wanneer ons Hom nodig het.
HEBREËRS 4:15-16 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want ons het nie 'n hoëpriester wat nie met ons swakhede medelye kan hê nie, maar een wat in alle opsigte versoek is net soos ons, maar sonder sonde. Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word.
HEBREËRS 4:15-16 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Want ons het nie 'n Hoëpriester wat nie medelye met ons swakhede kan hê nie, maar Een wat, soos ons, in alle opsigte versoek is, en dit sonder dat Hy gesondig het. Laat ons dan met vrymoedigheid die troon van genade nader, sodat ons ontferming en genade kan ontvang om op die regte tyd gehelp te word.
HEBREËRS 4:15-16 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want ons het nie 'n hoëpriester wat nie deur die gevoel van ons swakhede aangeraak kan word nie; maar was in alle opsigte versoek soos ons, maar sonder sonde. Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word.
HEBREËRS 4:15-16 Die Boodskap (DB)
Hy is nie iemand wat niks van ons weet en daarom nie simpatie met ons swakhede sal hê nie. Nee, Hy het al dieselfde pad as ons geloop en is deur dieselfde versoekings as ons, met dié verskil dat Hy nie een maal ’n fout gemaak het nie. Ons hoef dus nie bang te wees of te wonder of ons na God toe mag gaan nie. Ons kan maar gaan, want God sal baie goed wees vir ons. Wanneer ons dit nodig het, sal God vir ons meer gee as wat ons verdien en ons met sy liefde omvou.
HEBREËRS 4:15-16 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Hierdie Hoofpriester van ons kan ten volle met ons in ons swakhede saamvoel, want Hy is in elke opsig op dieselfde manier as ons versoek, maar Hy het nie voor die sonde geswig nie. Kom ons gaan dan met volle vrymoedigheid na die troon van ons genadige God. Hy sal aan ons sy ontferming en genade bewys sodat ons op die regte tyd gehelp sal word.