HEBREËRS 4:9-10
HEBREËRS 4:9-10 Bybel vir almal (ABA)
Daarom sal die volk van God nog kom in die land waar hulle veilig kan woon en kan rus, soos hulle op die Sabbatdag rus. Want wanneer God iemand laat rus, dan werk die persoon nie meer nie, soos God gerus het toe Hy klaar gewerk het.
HEBREËRS 4:9-10 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Daar bly dus 'n sabbatsrus oor vir die volk van God; want wie in sy rus ingegaan het, rus ook self van sy werke soos God van syne.
HEBREËRS 4:9-10 Afrikaans 1983 (AFR83)
Daar wag dus nog steeds 'n sabbatsrus vir die volk van God, want elkeen wat in die rus van God ingaan, rus van sy werk, net soos God van Syne.
HEBREËRS 4:9-10 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Daar bly dus steeds 'n sabbatsrus oor vir die volk van God. Want wie in sy rus ingegaan het, het self ook gerus van sy werke – soos God van syne.
HEBREËRS 4:9-10 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Daar bly dus rus oor vir die volk van God. Want wie in sy rus ingegaan het, hy het ook opgehou van sy eie werke, soos God van syne gedoen het.