HEBREËRS 5:1
HEBREËRS 5:1 Bybel vir almal (ABA)
Wanneer God mense kies en aanstel om hoëpriesters te wees, dan is dit altyd húlle wat God se werk moet doen. Hulle moet dan presente en offers bring omdat mense sondes doen.
HEBREËRS 5:1 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
WANT elke hoëpriester wat uit die mense geneem word, tree ten behoewe van mense op in die dinge wat in betrekking tot God staan, om gawes en offers vir die sondes te bring
HEBREËRS 5:1 Afrikaans 1983 (AFR83)
Elke hoëpriester is 'n mens wat uit die mense geneem en aangestel word om vir hulle by God in te tree deur gawes en offers vir die sondes te bring.
HEBREËRS 5:1 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Elke hoëpriester wat uit mense geneem word, word immers ook ter wille van mense aangestel vir die offerdiens voor God, sodat hy ter wille van die sondes geskenke en offers kan bring.
HEBREËRS 5:1 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want elke hoëpriester wat uit die mense weggeneem word, is vir mense aangestel in die dinge van God, om gawes sowel as slagoffers vir sondes te bring.
HEBREËRS 5:1 Die Boodskap (DB)
Laat ons oor hoëpriesters nadink. ’n Hoëpriester word uit mense gekies en aangestel om ander mense se sake by God te behartig. Dit gaan oor godsdienstige dinge wat God raak: die hoëpriester moet allerhande offers vir God gee sodat God nie die mense straf vir al die verkeerde dinge wat hulle doen nie.