HEBREËRS 6:11-12
HEBREËRS 6:11-12 Bybel vir almal (ABA)
Maar ons wil baie graag hê dat elkeen van julle altyd hard moet probeer om tot die einde te wys dat julle baie seker is van die dinge wat julle weet en hoop. Julle moet dit doen, julle moenie lui wees in die geloof nie, julle moet doen soos die mense wat gekry het wat God belowe het. Hulle het dit gekry omdat hulle in God geglo het en omdat hulle geduldig gewag het.
HEBREËRS 6:11-12 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar ons verlang dat elkeen van julle dieselfde ywer mag toon om te kom tot die volkome sekerheid van die hoop tot die einde toe; sodat julle nie traag word nie, maar navolgers van hulle wat deur geloof en lankmoedigheid erfgename van die belofte is.
HEBREËRS 6:11-12 Afrikaans 1983 (AFR83)
Dit is ons vurige wens dat elkeen van julle end-uit dieselfde ywer as vroeër aan die dag sal lê totdat die dinge waarop julle hoop, vervul is. Julle moet dus nie traag word nie, maar die voorbeeld navolg van dié wat deur geloof en geduld deel gekry het aan die dinge wat God beloof het.
HEBREËRS 6:11-12 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ons begeer dat elkeen van julle enduit dieselfde ywer sal toon om tot volle sekerheid van die hoop te kom, sodat julle nie traag word nie, maar die voorbeeld volg van hulle wat deur geloof en geduld die beloftes beërf.
HEBREËRS 6:11-12 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En ons wil hê dat elkeen van julle dieselfde ywer aan die dag lê tot die volle sekerheid van hoop tot die einde toe: sodat julle nie traag moet wees nie, maar navolgers van hulle wat deur geloof en lankmoedigheid die beloftes beërwe.
HEBREËRS 6:11-12 Die Boodskap (DB)
Ek wil graag hê julle moet aanhou om God so ywerig te dien. Hou so aan tot God alles gedoen het wat Hy beloof het. Moenie lui word om God te dien nie. Doen wat die Christene voor julle gedoen het. Hulle het gekry wat God beloof het, omdat hulle geduldig was en op God bly vertrou het.
HEBREËRS 6:11-12 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Dit is ons hartsbegeerte dat elkeen van julle enduit dieselfde entoesiasme sal vertoon sodat julle toekomsverwagting bewaarheid kan word. Dan sal julle nie traag raak nie. Inteendeel, julle sal die voorbeeld volg van hulle wat deur hulle geloof en uithouvermoë besig is om te verkry wat God beloof het.