HEBREËRS 6:18
HEBREËRS 6:18 Bybel vir almal (ABA)
God het dinge belowe en Hy is sy eie getuie, en hierdie twee dinge kan nie verander nie omdat God nie kan lieg nie. Ons het na God toe gevlug. Daarom kan ons baie seker wees dat die dinge nog sal gebeur, en ons kan hoop en wag daarvoor.
HEBREËRS 6:18 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Hierdie twee dinge waarborg dat God sy woord sal hou. En so het ons wat onsself aan God toevertrou het, ’n kragtige aansporing om vas te hou aan die vooruitsig wat vir ons wink.
HEBREËRS 6:18 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
sodat ons deur twee onveranderlike dinge, waarin dit onmoontlik is dat God sou lieg, kragtige bemoediging kan hê, ons wat ontvlug het, om vas te hou aan die hoop wat voorlê
HEBREËRS 6:18 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die twee onveranderlike dinge, die belofte en die eed, waarborg dat God sy woord gestand sal doen, en is vir ons wat ons toevlug tot Hom geneem het, 'n kragtige aansporing om vas te hou aan die hoop op wat vir ons weggelê is.
HEBREËRS 6:18 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die doel daarvan was dat, deur hierdie twee onveranderlike dinge, waarvolgens dit vir God onmoontlik sou wees om te lieg, ons wat vrygekom het, 'n kragtige bemoediging sou hê om stewig vas te hou aan die hoop wat voorlê.
HEBREËRS 6:18 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Sodat ons deur twee onveranderlike dinge, waarin dit vir God onmoontlik was om te lieg, 'n sterk vertroosting kan hê, wat gevlug het vir skuiling om vas te hou aan die hoop wat voor ons lê
HEBREËRS 6:18 Die Boodskap (DB)
Daar is nou twee dinge wat soos ’n paal bo water staan en nooit verander sal kan word nie: daar is die belofte van God en die eed wat Hy geneem het. En God kan nie lieg nie. Ons wat na God toe is om gered te word kan daarom vir seker weet dat God sy beloftes sal hou.