HEBREËRS 6:19
HEBREËRS 6:19 Bybel vir almal (ABA)
Ons hoop en ons wag vir die dinge wat sal gebeur, daarom is ons lewe veilig en daarom kan ons vas glo. Dit is soos 'n anker wat keer sodat 'n skip nie wegdryf nie. Ons hoop en ons is seker dat Jesus ons anker is, Jesus wat agter die gordyn in die tempel ingaan.
HEBREËRS 6:19 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hierdie hoop besit ons as 'n veilige en onbeweeglike lewensanker, wat agter die voorhangsel vas is.
HEBREËRS 6:19 Die Boodskap (DB)
Om God so te vertrou is soos ’n geestelike anker. Dit gee ons lewe vastigheid en sekerheid. Dit verbind ons ook direk met God self in die heiligste van heilige plekke.
HEBREËRS 6:19 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Hierdie vooruitsig is soos ’n betroubare en stewige anker – ’n anker wat onbeweeglik vasgemaak is in die Allerheiligste van die hemelse heiligdom, net agter die binneste gordyn.
HEBREËRS 6:19 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
en ons het dit as 'n anker van die siel wat veilig en vas is en ingaan tot binnekant die voorhangsel