HEBREËRS 7:12-14
HEBREËRS 7:12-14 Bybel vir almal (ABA)
Want wanneer ander mense priesters word, dan moet die wet ook verander. Want die Ou Testament het hierdie belofte oor hierdie ander priester gemaak, en hy was van 'n ander stam. Niemand van hierdie stam was 'n priester by die altaar nie. Want almal weet dat ons Here van die Juda-stam kom. Moses het niks gesê oor priesters in die Juda-stam nie.
HEBREËRS 7:12-14 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want met verandering van die priesterskap kom daar noodsaaklik ook verandering van wet; omdat Hy met die oog op wie hierdie dinge gesê word, aan 'n ander stam behoort het waaruit niemand die altaar bedien het nie. Want dit is volkome duidelik dat onse Here uit Juda voortgespruit het, en met betrekking tot hierdie stam het Moses niks gesê van die priesterskap nie.
HEBREËRS 7:12-14 Afrikaans 1983 (AFR83)
As daar 'n ander priesterskap kom, volg noodwendig ook 'n verandering van die wet. Hy van wie hierdie dinge gesê word, behoort juis tot 'n ander stam, waaruit niemand ooit by die altaar diens gedoen het nie. Dit is algemeen bekend dat ons Here van Juda afstam, en in verband met daardie stam het Moses niks oor die priesterskap gesê nie.
HEBREËRS 7:12-14 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Wanneer daar 'n verandering van priesterskap is, vind daar noodwendig ook 'n verandering van die wet plaas. Want Hy oor wie hierdie dinge gesê word, was deel van 'n ander stam, van wie niemand altaardiens gedoen het nie. Dit is tog baie duidelik dat ons Here uit Juda voortgespruit het, 'n stam oor wie Moses niks in verband met priesters gesê het nie.
HEBREËRS 7:12-14 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Omdat die priesterskap verander word, word daar ook noodwendig 'n verandering van die wet gemaak. Want hy van wie hierdie dinge gespreek word, behoort aan 'n ander stam, waarvan niemand by die altaar opgetree het nie. Want dit is duidelik dat ons Here uit Juda ontstaan het; van watter stam Moses niks oor priesterskap gespreek het nie.
HEBREËRS 7:12-14 Die Boodskap (DB)
As daar dan ’n ander soort priester kom, is dit nodig dat die wette ook verander. Immers, Jesus kom uit die stam van Juda. Die ou wet (van Moses) sê mos dat iemand uit daardie stam nie ’n priester mag word of daardie soort werk mag doen nie.
HEBREËRS 7:12-14 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Wanneer die priesterskap verander, moet daar noodwendig ’n aanpassing van die wet plaasvind om daarvoor voorsiening te maak. Want die Een van Wie ons praat, behoort tot ’n ander stam, ’n stam waarvan niemand ooit by die altaar diens gedoen het nie. Ons weet tog almal dat ons Here uit die stam van Juda afkomstig was en dat Moses nooit enigiets gerep het oor priesters uit daardie stam nie.