HEBREËRS 9:14
HEBREËRS 9:14 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hoeveel te meer sal die bloed van Christus ons gewete bevry van die las van dade wat tot die dood lei, sodat ons die lewende God kan dien! Hiervoor het Christus immers Homself as volkome offer deur die ewige Gees aan God geoffer.
HEBREËRS 9:14 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Hoeveel te meer sal die bloed van Christus, wat Homself deur die ewige Gees aan God vlekkeloos geoffer het, julle gewete reinig van dooie werke om die lewende God te dien?
HEBREËRS 9:14 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Hoeveel te meer sal die bloed van Christus, wat Homself deur die werking van die ewige Gees as ’n volkome offer aan God geoffer het, ons gewetens skoon was van die las van dade wat tot die dood lei sodat ons die lewende God kan dien!
HEBREËRS 9:14 Bybel vir almal (ABA)
Christus het 'n offer vir God geword, die Heilige Gees wat altyd lewe, het Hom gehelp om 'n offer te wees wat heeltemal gesond is. Daarom sal die bloed van Christus ons reinig, baie beter as die offers van bokke en bulle, en dan sal ons ophou om dinge te doen wat ons geestelik dood laat word, en ons sal heeltemal weet wat is reg en wat is verkeerd. Dan sal ons vir God kan dien, God wat lewe.
HEBREËRS 9:14 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
hoeveel te meer sal die bloed van Christus, wat Homself deur die ewige Gees aan God sonder smet geoffer het, julle gewete reinig van dooie werke om die lewende God te dien.
HEBREËRS 9:14 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
hoeveel te meer sal die bloed van Christus, wat Homself deur die ewige Gees as vlekkelose offer aan God geoffer het, ons gewete reinig van dooie werke, sodat ons die lewende God kan dien?
HEBREËRS 9:14 Die Boodskap (DB)
Dink net hoeveel duisend keer meer aanvaarbaar sal die bloed van Christus ons dan vir God maak. Die Heilige Gees het Jesus gelei om Homself aan God te offer al het Hy niks verkeerds gedoen nie. So bevry Hy ons van die bekommernis wat ons het oor al die verkeerde dinge wat ons gedoen het en waarvoor ons eintlik net die dood verdien. Nou kan ons die lewende God voluit dien.