HEBREËRS 9:15
HEBREËRS 9:15 Bybel vir almal (ABA)
Christus het gesterf om mense vry te maak, God het hulle nie gestraf oor die dinge wat hulle verkeerd gedoen het in die tyd van die ou verbond nie. Daarom is Hy die Middelaar van die nuwe verbond. God het mense gekies, en Christus het die nuwe verbond gebring sodat daardie mense vir altyd alles kan kry wat Hy vir hulle belowe het.
HEBREËRS 9:15 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En daarom is Hy Middelaar van 'n nuwe testament, sodat, terwyl daar 'n dood plaasgevind het vir die verlossing van die oortredinge onder die eerste testament, die wat geroepe is, die belofte van die ewige erfenis kan ontvang.
HEBREËRS 9:15 Afrikaans 1983 (AFR83)
Daarom is Hy ook die Middelaar van 'n nuwe verbond. Sy dood het plaasgevind om mense te verlos van die oortredinge wat onder die eerste verbond begaan is, sodat dié wat geroep is, die beloofde ewige erfenis kan ontvang.
HEBREËRS 9:15 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Aangesien daar 'n dood was, as losprys vir die oortredings, ten tyde van die eerste testament, is Hy juis daarom Middelaar van 'n nuwe testament, sodat dié wat geroep is, die belofte van die ewige erfenis kan ontvang.
HEBREËRS 9:15 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En daarom is hy die middelaar van die nuwe testament, sodat die wat geroep is, deur die dood, vir die verlossing van die oortredinge wat onder die eerste testament was, die belofte van die ewige erfenis kan ontvang.
HEBREËRS 9:15 Die Boodskap (DB)
Hy is die Een wat die nuwe ooreenkoms tussen God en sy mense kom maak het. Nou kan almal vir wie God na Hom toe geroep het, alles by Hom kry wat Hy belowe het, want hulle is nou sy kinders. Daarvoor het Jesus self gesorg. Hy het alles gegee wat God gevra het om die verkeerde dinge te vergewe wat die mense gedoen het. Dit geld selfs vir die mense onder die ou ooreenkoms.
HEBREËRS 9:15 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Daarom is Hy ook die Middelaar van die nuwe verbond tussen God en ons sodat almal wat geroep is, die ewige erfdeel kan ontvang wat God vir hulle beloof het. Want Christus het gesterf om hulle te verlos van die straf op die oortredings wat onder die eerste verbond begaan is.