HOSEA 12:1 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion
HOSEA 12:1 AFR83 (Afrikaans 1983)
Efraim bedrieg My, Israel is vals teenoor My, Juda is nog altyd wispelturig in sy diens aan My, maar hy is getrou aan die afgode.
HOSEA 12:1 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
EFRAIM het My omsingel met leuens, en die huis van Israel met bedrog; terwyl Juda nog altyd bandeloos is teenoor God, ja, teenoor die Allerheiligste, die Getroue.
HOSEA 12:1 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Israel omring my met leuens en bedrog. En Juda is steeds wispelturig teenoor God en is getrou aan die afgode.
HOSEA 12:1 DB (Die Boodskap)
“Efraim probeer My om die bos lei met leuens. Israel lieg vir My. Juda sê hy is getrou aan My, maar hy loop ook agter afgode aan. Hy probeer op twee stoele sit.
HOSEA 12:1 ABA (Bybel vir almal)
Die Here het gesê: “Die mense van Efraim het aangehou om vir die Here te lieg, maar die mense van Juda dien nog die heilige God.
HOSEA 12:1 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
“Efraim het My omring met leuens, en die huis van Israel met bedrog. Juda is steeds bandeloos teenoor God, maar teenoor die heiliges is hy getrou.
HOSEA 12:1 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Efraim voed op wind en jaag die oostewind na; elke dag vermeerder hy leuens en verwoesting; en hulle het 'n verbond met die Assiriërs gesluit, en olie word na Egipte ingebring.