HOSEA 14:3
HOSEA 14:3 Bybel vir almal (ABA)
Julle moet terugkom na die Here toe, julle moet vir Hom sê: “Vergewe asseblief ons sonde en luister na wat ons vir U wil sê. Hierdie woorde is ons offer.
HOSEA 14:3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Neem woorde met julle, en bekeer julle tot die HERE; sê aan Hom: Vergeef alle ongeregtigheid, en neem aan wat goed is; dan sal ons as offerdiere ons lippe aanbied.
HOSEA 14:3 Afrikaans 1983 (AFR83)
Bely julle sonde en kom terug na die Here toe. Sê vir Hom: “Vergewe tog al ons sonde en neem ons belydenis aan. Ons bely teenoor U
HOSEA 14:3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Kom met julle woorde en keer terug na die HERE. Sê vir Hom: “Vergewe ons sondeskuld volkome, aanvaar ons belydenis; ons wil met die vrug van ons lippe vergoed.
HOSEA 14:3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Assur sal ons nie verlos nie; ons sal nie op perde ry nie, en oor die werk van ons hande sal ons nie meer sê: Julle is ons gode nie, want in U vind die wees barmhartigheid.
HOSEA 14:3 Die Boodskap (DB)
Kom na God toe en sê vir Hom dat jy verkeerd was. Kom terug na die Here toe. Bid tot die Here: “Vergeef ons tog al ons sonde. Ons is jammer daaroor. Aanvaar tog ons verskoning oor ons sonde. Ons belydenis is die offer wat ons bring om ons sake met U weer reg te stel.