HOSEA 6:1-3
HOSEA 6:1-3 Bybel vir almal (ABA)
Die Here het gesê: “Die mense van Israel en Juda sal sê: ‘Kom ons gaan terug na die Here toe. Dit is Hý wat ons stukkend geskeur het, maar Hy sal ons weer gesond maak. Dit is Hy wat ons geslaan het, maar Hy sal ons seerplekke toedraai. Hy sal ons gesond maak ná twee dae, Hy sal ons laat opstaan op die derde dag sodat ons kan lewe soos Hy wil hê. Ons wil naby die Here wees, ons is haastig om naby Hom te wees. Hy sal na ons toe kom, dit is seker, so seker soos dit lig word in die oggend. Hy sal kom, soos die reën wat in die lente val en die grond natmaak.’ ”
HOSEA 6:1-3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
KOM en laat ons terugkeer tot die HERE; want Hy het verskeur en sal ons genees, Hy het geslaan en sal ons verbind. Hy sal ons ná twee dae lewend maak, op die derde dag ons laat opstaan, sodat ons voor sy aangesig kan lewe. En laat ons ken — laat ons dit najaag om die HERE te ken; sy opgang is so seker soos die dagbreek, en Hy sal tot ons kom soos die reën, soos die laat reëns wat die aarde besproei.
HOSEA 6:1-3 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Kom ons gaan terug na die Here, want Hý het ons verskeur maar sal ons weer gesond maak, Hý het ons geslaan maar sal weer ons wonde verbind. Hy sal ons na twee dae 'n nuwe lewe laat begin. Hy sal ons op die derde dag weer krag gee sodat ons in sy teenwoordigheid kan leef. Kom ons wy ons aan Hom toe, kom ons streef daarna om ons aan die Here toe te wy. Die Here sal verskyn, so seker as die son opkom, Hy sal na ons toe kom soos stortreën, Hy sal ons verkwik soos lentereëns die grond verkwik.”
HOSEA 6:1-3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“Kom ons keer terug na die HERE – want Hy is die Een wat ons verskeur het, maar Hy sal ons gesond maak; Hy het ons geslaan, maar Hy sal ons wonde verbind. Hy sal ons ná twee dae lewend maak, op die derde dag sal Hy ons laat opstaan, sodat ons voor Hom kan lewe. Laat ons Hom ken, laat ons daarna streef om die HERE te ken. So seker soos dagbreek is sy verskyning; Hy sal soos reën na ons toe kom, soos lentereën wat die grond deurnat maak.”
HOSEA 6:1-3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Kom, laat ons ons tot die HERE bekeer, want Hy het verskeur, en Hy sal ons genees; Hy het geslaan, en Hy sal ons verbind. Na twee dae sal Hy ons lewend maak; op die derde dag sal Hy ons oprig, en ons sal voor sy oë lewe. Dan sal ons weet as ons agtervolg om die HERE te ken: sy uitgang is gereed soos die môre; en hy sal na ons toe kom soos die reën, soos die laat en vorige reën op die aarde.
HOSEA 6:1-3 Die Boodskap (DB)
“Die volk sê: ‘Kom ons gaan terug na die Here toe. Hy het ons nou wel uitmekaargeskeur, maar Hy kan ons weer gesond maak. Hy het ons stukkend geslaan, maar Hy sal ons wonde verpleeg. Hy sal ons binne twee dae weer aan die lewe kry. Binne drie dae is ons weer op die been en perdfris om voor Hom te staan. Kom ons maak ons vas aan die Here. Ons span ons in om Hom beter te leer ken. So seker soos dit lig word in die oggend; so seker soos daar reën in die lente kom en die aarde natmaak, net so seker sal die Here na ons toe kom om ons te red.”
HOSEA 6:1-3 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“Kom, laat ons teruggaan na die HERE toe! Hy het ons verskeur; Hy sal ons weer genees. Hy het ons geslaan; Hy sal ons wonde weer verbind. Hy sal ons na twee dae laat aansterk en op die derde dag weer laat opstaan sodat ons in sy teenwoordigheid kan lewe. Kom, laat ons die HERE ken! Laat ons ons inspan om ons aan Hom toe te wy! Dan sal Hy ons antwoord. Dis so seker as die aanbreek van die nuwe dag of die koms van die reën, die lentereëns wat die grond deurweek.