Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

JESAJA 2:12 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion

JESAJA 2:12 AFR83 (Afrikaans 1983)

Die Here die Almagtige het 'n dag bepaal teen al wat trots en hoog is, teen alles, hoog en laag

JESAJA 2:12 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Want 'n dag is daar vir die HERE van die leërskare oor al wat trots en hoog is, en oor al wat verhewe is, sodat dit verneder kan word

JESAJA 2:12 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Op daardie dag sal die HERE, die Almagtige, die hoogmoediges straf, en hulle in die stof neergooi.

JESAJA 2:12 DB (Die Boodskap)

Op daardie dag sal die Here almal wat verwaand en hoogmoedig is, op hulle plek sit.

JESAJA 2:12 ABA (Bybel vir almal)

Ja, die dag van die Here sal kom, die Here wat oor alles regeer. Hy sal téén al die hoogmoedige mense wees, teen almal wat dink hulle is belangrik.

JESAJA 2:12 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Die HERE, Heerser oor alle magte, hou immers 'n dag gereed teen alles wat verwaand en hoog is, teen alles wat verhewe is – dit sal neergeslaan word

JESAJA 2:12 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Want die dag van die HERE van die leërskare sal wees oor elkeen wat trots en hoog is, en oor elkeen wat verhewe is; en hy sal verneder word.