JESAJA 38:5
JESAJA 38:5 Die Boodskap (DB)
“Gaan terug na Hiskia toe en sê vir hom: Die Here, die God van jou voorvader Dawid, sê: Ek het gehoor wat jy gebid het en Ek sien jou hartseer. Ek sal jou nog vyftien jaar laat lewe.
JESAJA 38:5 Bybel vir almal (ABA)
en Hy het gesê Jesaja moet vir Hiskia gaan sê: “Ek, die God van jou voorvader Dawid, sê: Ek het jou gebed gehoor en Ek het jou trane gesien. Ek sal jou nog 15 jaar laat lewe.
JESAJA 38:5 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Gaan sê vir Hiskía: So spreek die HERE, die God van jou vader Dawid: Ek het jou gebed gehoor, jou trane gesien; kyk, Ek sal vyftien jaar by jou dae byvoeg
JESAJA 38:5 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Gaan sê vir Hiskia: So sê die Here die God van jou voorvader Dawid: Ek het jou gebed verhoor, Ek het jou trane gesien. Ek sal jou lewe met vyftien jaar verleng
JESAJA 38:5 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“Gaan sê vir Hiskia, ‘So sê die HERE, die God van jou voorvader Dawid: “Ek het jou gebed gehoor; Ek het jou trane gesien. Kyk, Ek sal vyftien jaar by jou lewensdae voeg