JESAJA 39:1 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion

JESAJA 39:1 AFR83 (Afrikaans 1983)

Dié tyd het koning Merodak-Baladan van Babel, seun van Baladan, briewe en geskenke na Hiskia toe gestuur omdat hy gehoor het van Hiskia se siekte en genesing.

JESAJA 39:1 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

IN dié tyd het Meródag Báladan, die seun van Báladan, die koning van Babel, 'n brief en 'n geskenk aan Hiskía gestuur; want hy het gehoor dat hy siek was en gesond geword het.

JESAJA 39:1 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Kort hierna het Merodak-Baladan, die koning van Babel en seun van Baladan, sy beste wense en ’n geskenk na Hiskia toe gestuur. Hy het gehoor dat Hiskia baie siek was, en gesond geword het.

JESAJA 39:1 DB (Die Boodskap)

Nie te lank na hierdie gebeure nie het koning Merodak-Baladan, die nuwe koning van Babel, ’n paar van sy amptenare na Hiskia toe gestuur met briewe en geskenke. Hy het dit gedoen nadat hy van Hiskia se siekte gehoor het en hoe hy gesond geword het.

JESAJA 39:1 ABA (Bybel vir almal)

Merodak-Baladan seun van Baladan was die koning van Babel. Hy het gehoor dat koning Hiskia siek was en dat hy weer gesond geword het. Hy het eendag vir Hiskia briewe en presente gestuur.

JESAJA 39:1 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

In daardie tyd het Merodag-Baladan, seun van Baladan, die koning van Babilonië, briewe en 'n geskenk na Hiskia gestuur. Hy het gehoor dat hy siek was en herstel het.

JESAJA 39:1 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

In dié tyd het Merodag-Báladan, die seun van Baladan, die koning van Babel, briewe en geskenke aan Hiskia gestuur, want hy het gehoor dat hy siek was en gesond geword het.