JESAJA 40:12-14
JESAJA 40:12-14 Bybel vir almal (ABA)
Wie het gesê hoeveel water daar moet wees en hoe groot die lug daarbo moet wees? Wie het gesê hoeveel grond daar moet wees en hoe hoog die berge en die heuwels moet wees? Wie mag vir die Here sê wat Hy moet dink, wie mag vir Hom sê wat die regte dinge is wat Hy moet doen? Vir wie het die Here gevra wat Hy moet doen? Wie het vir Hom geleer en vir Hom gesê wat die regte ding is om te doen? Wie het vir Hom geleer om alles te verstaan? Niemand.
JESAJA 40:12-14 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
WIE het die waters met die holte van sy hand afgemeet, en van die hemele met 'n span die maat geneem, en in 'n drieling die stof van die aarde opgevang, en die berge geweeg met 'n weegtoestel en die heuwels met 'n weegskaal? Wie het die Gees van die HERE bestier en as sy raadsman Hom onderrig? Met wie het Hy raad gehou, dat dié Hom verstand sou gee en Hom sou leer aangaande die pad van die reg, en Hom kennis sou leer en Hom bekend maak die weg van volledige insig?
JESAJA 40:12-14 Afrikaans 1983 (AFR83)
Wie het die waters in die holte van sy hand afgemeet, met die breedte van sy hand die maat van die hemel bepaal, met 'n maatemmer die grond van die aarde afgemeet, met 'n skaal die berge en die heuwels geweeg? Wie kan die Gees van die Here peil, wie kan sy raadgewer wees? Vir wie raadpleeg Hy dat dié Hom tot insig sou bring en Hom sou leer wat om te doen? Wie leer Hom en onderrig Hom dat Hy met insig kan optree?
JESAJA 40:12-14 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Wie kan die waters in die holte van sy hand afmeet, die hemel met sy handspan peil, met 'n derde van 'n efa die stof van die aarde opvang, met 'n handskaal die berge weeg, die heuwels met 'n weegskaal? Wie kan die Gees van die HERE peil, wie is die mens wat aan Hom sy raadsbesluit bekend maak? Met wie beraadslaag Hy, en wie hou Hom op hoogte, wie onderrig Hom oor die verloop van 'n regsaak? Wie dra aan Hom kennis oor, en die pad van wyse beskikking, wie maak dit aan Hom bekend?
JESAJA 40:12-14 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Wie het die waters in die holte van sy hand gemeet en die hemel met 'n span afgemeet en die stof van die aarde met 'n maat ingeneem en die berge met 'n weegskaal en die heuwels op 'n weegskaal geweeg? Wie het die Gees van die HERE gerig, of het Hom geleer as hy sy raadgewer was? Met wie het hy raad gehou, en wie het hom onderrig en hom op die pad van oordeel geleer en hom kennis geleer en hom die weg van insig getoon?
JESAJA 40:12-14 Die Boodskap (DB)
Wie kan met sy hand uitmeet hoeveel hande vol water daar in die see is? Wie kan meet hoe groot die blou lug daar bo is? Kan iemand sê hoeveel emmers vol stof daar op die aarde is? Kan iemand sê hoe swaar die berge weeg? Kan iemand sê wat die heuwels op ’n skaal sal weeg? Wie kan vir die Here vertel wat Hy moet doen? Wie is daar by wie die Here raad kan kom vra? By wie kan die Here kom kers opsteek as Hy nie verstaan nie? Wie kan vir die Here leer wat die regte pad is? Wie kan vir die Here leer hoe Hy dinge moet verstaan?
JESAJA 40:12-14 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Wie anders het die oseane in sy hand gehou? Wie het die hemel afgemeet met die breedte van sy hand? Wie het die grond van die aarde met ’n maatemmer gemeet, of het die berge en die heuwels met ’n skaal geweeg? Wie kan die Gees van die HERE advies gee? Wie weet genoeg om Hom raad te gee of Hom te leer? Het die HERE al ooit raad van ander nodig gehad? Het Hy nodig dat iemand Hom vertel wat die goeie is of wat die beste is?