JESAJA 40:13-14
JESAJA 40:13-14 Bybel vir almal (ABA)
Wie mag vir die Here sê wat Hy moet dink, wie mag vir Hom sê wat die regte dinge is wat Hy moet doen? Vir wie het die Here gevra wat Hy moet doen? Wie het vir Hom geleer en vir Hom gesê wat die regte ding is om te doen? Wie het vir Hom geleer om alles te verstaan? Niemand.
JESAJA 40:13-14 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Wie het die Gees van die HERE bestier en as sy raadsman Hom onderrig? Met wie het Hy raad gehou, dat dié Hom verstand sou gee en Hom sou leer aangaande die pad van die reg, en Hom kennis sou leer en Hom bekend maak die weg van volledige insig?
JESAJA 40:13-14 Afrikaans 1983 (AFR83)
Wie kan die Gees van die Here peil, wie kan sy raadgewer wees? Vir wie raadpleeg Hy dat dié Hom tot insig sou bring en Hom sou leer wat om te doen? Wie leer Hom en onderrig Hom dat Hy met insig kan optree?
JESAJA 40:13-14 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Wie kan die Gees van die HERE peil, wie is die mens wat aan Hom sy raadsbesluit bekend maak? Met wie beraadslaag Hy, en wie hou Hom op hoogte, wie onderrig Hom oor die verloop van 'n regsaak? Wie dra aan Hom kennis oor, en die pad van wyse beskikking, wie maak dit aan Hom bekend?
JESAJA 40:13-14 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Wie het die Gees van die HERE gerig, of het Hom geleer as hy sy raadgewer was? Met wie het hy raad gehou, en wie het hom onderrig en hom op die pad van oordeel geleer en hom kennis geleer en hom die weg van insig getoon?
JESAJA 40:13-14 Die Boodskap (DB)
Wie kan vir die Here vertel wat Hy moet doen? Wie is daar by wie die Here raad kan kom vra? By wie kan die Here kom kers opsteek as Hy nie verstaan nie? Wie kan vir die Here leer wat die regte pad is? Wie kan vir die Here leer hoe Hy dinge moet verstaan?