JESAJA 41:19-20
JESAJA 41:19-20 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek sal in die woestyn seders laat groei, doringbome, mirte en olyfbome. Ek sal in die barre wêreld sipresse laat groei saam met platane en denne. Dan sal die mense sien en erken, almal sal begryp en insien dat die Here dit gedoen het, dat die Heilige van Israel dit geskep het.
JESAJA 41:19-20 Bybel vir almal (ABA)
Ek sal bome laat groei in die woestyn: sederbome, doringbome, mirteboompies en olienhout, jenewerbome, essenhoutbome en sipresbome. Dan sal die mense wat dit sien, weet dat Ek, die Here, dit gedoen het, Ek, die Heilige God van Israel.”
JESAJA 41:19-20 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Ek sal in die woestyn gee die seder, die akasia en die mirt en die wilde-olyfboom; Ek sal in die wildernis plant die sipres, die plataan en die denneboom, dié almal; sodat hulle almal saam kan sien en beken en opmerk en verstaan dat die hand van die HERE dit gedoen het en die Heilige van Israel dit geskape het.
JESAJA 41:19-20 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ek laat in die woestyn seders, doringbome, mirtebome en wilde-olyfhoutbome opskiet; Ek plant in woestynvlaktes sipresse, en daarmee saam wildevlierbome en dennebome, sodat mense kan sien en erken, dit ter harte neem, en tegelykertyd begryp dat die hand van die HERE dit gedoen het, dat die Heilige van Israel dit geskep het.
JESAJA 41:19-20 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Ek sal in die woestyn die seder, die akasiaboom en die mirt en die olieboom plant; Ek sal in die woestyn die denneboom en die denne en die buksboom saam laat sit: sodat hulle saam kan sien en weet en sien en verstaan dat die hand van die HERE dit gedoen het en die Heilige van Israel dit geskape het.
JESAJA 41:19-20 Die Boodskap (DB)
Ek sal sederbome in die woestyn laat groei. Daar sal akasias, mirtebome en olyfbome staan. Waar dit heeltemal droog is, sal Ek sipresse, plataanbome en dennebome plant. Dan sal almal sien wat gebeur het. Hulle sal insien en erken dat dit die Here is wat die wonderwerk laat gebeur het. Die hoë God van Israel het die onmoontlike reggekry.
JESAJA 41:19-20 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Ek sal bome plant in die woestyn – seders, doringbome, mirte en olyfbome. Ek laat in die droë wêreld sipresse groei, ook platane en denne. Almal sal hierdie wonderwerk sien gebeur. Hulle sal dan verstaan dat die HERE dit gedoen het. Die Heilige van Israel het dit geskep.