JESAJA 42:3-4
JESAJA 42:3-4 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
'n Geknakte riet sal hy nie verbreek nie en die rokende vlas nie uitblus nie; Hy sal nie faal of moedeloos word nie, totdat Hy oordeel op die aarde gegee het; en die eilande sal wag op sy wet.
JESAJA 42:3-4 Die Boodskap (DB)
Hy sal nie iemand wat alreeds op sy knieë is, in die grond in trap nie. Hy sal nie iemand se laaste bietjie hoop vernietig nie. Hy sal eerlik wees wanneer hy sê wat reg is. Hy sal hom nie laat keer om vir die wêreld te leer wat reg is nie. Die lande oorkant die see sal wag om te hoor wat hy sê.
JESAJA 42:3-4 Bybel vir almal (ABA)
Hy sal nie 'n riet breek wat klaar stukkend is nie, hy sal nie 'n vlam doodblaas wat dof brand nie. Hy sal seker maak dat almal weet wat Ek wil hê hulle moet doen. Hy sal wees soos 'n vlam wat niemand sal doodblaas nie, 'n riet wat niemand sal breek nie, totdat hy vir almal op die aarde gesê het wat Ek wil hê hulle moet doen. Ook die mense wat in die ver lande by die see woon, wag om te hoor wat hy vir hulle sal leer.”
JESAJA 42:3-4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Die geknakte riet sal Hy nie verbreek en die dowwe lamppit nie uitblus nie; met getrouheid sal Hy die reg uitbring. Hy sal nie dof brand of geknak word, totdat Hy die reg op aarde gegrond het nie; en die eilande wag op sy leer.
JESAJA 42:3-4 Afrikaans 1983 (AFR83)
'n Geknakte riet sal hy nie afbreek nie, 'n lamppit wat dof brand, sal hy nie uitdoof nie. Hy sal my wil bekend maak soos dit is. Self sal hy ook nie uitgedoof of geknak word nie totdat hy my wil op aarde gevestig het. Die eilande wag op wat hy hulle sal leer.
JESAJA 42:3-4 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
'n Geknakte riet sal hy nie afbreek nie, 'n dowwe lamppit sal hy nie uitdoof nie; in getrouheid sal hy reg laat deurbreek. Hy sal nie weifel en nie geknak word nie, totdat hy reg op die aarde gevestig het; op sy lering wag die eilande. ”
JESAJA 42:3-4 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Hy sal ’n geknakte riet nie verder afbreek nie. Mense wat dof brand soos ’n lamppit sal hy nie uitdoof nie. Hy sal in opregtheid reg laat geskied. Hy sal nie moeg of moedeloos word nie, totdat reg en geregtigheid op aarde gevestig is. Selfs die kuslande en eilande wag vir sy opdragte.”