JESAJA 42:6-7
JESAJA 42:6-7 Die Boodskap (DB)
Ek is die Here. Ek het jou geroep om geregtigheid op aarde te bring. Ek sal jou hande sterk maak en jou beskerm. Deur jou maak Ek ’n ooreenkoms met die volke. Jy is die lig wat die nasies na My toe lei. Jy sal dié wat blind was, laat sien. Jy sal dié wat in tronke was, laat uitkom. Jy sal dié wat in donker selle gebly het, daaruit bevry.
JESAJA 42:6-7 Bybel vir almal (ABA)
“Ek, die Here, het jou geroep om te doen wat Ek wil hê, en Ek hou jou hand vas en Ek beskerm jou. Jy moet my verbond wees met my volk, jy moet die lig wees vir die ander volke. Jy moet blinde mense weer laat sien en jy moet die mense laat uitkom wat in donker tronke is.
JESAJA 42:6-7 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Ek, die HERE, het U geroep in geregtigheid, en Ek vat u hand en behoed U en gee U as 'n verbond van die volk, as 'n lig van die nasies, om blinde oë te open; om gevangenes uit die kerker uit te lei, uit die gevangenis diegene wat in die duisternis sit.
JESAJA 42:6-7 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek is die Here. Omdat Ek getrou is aan my verbond, het Ek jou geroep. Ek hou jou vas, Ek beskerm jou en Ek maak jou my verbond met my volk, my lig vir die nasies. Jy sal blindes laat sien, jy sal gevangenes uit die tronk bevry; wie in die donkerte van die gevangenis sit, sal jy laat uitgaan.
JESAJA 42:6-7 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“ Ek, die HERE, het jou geroep met die oog op geregtigheid; Ek sal jou hand vasgryp, jou bewaar en jou bestem tot 'n verbond vir die volk, tot 'n lig vir die nasies – om blinde oë oop te maak, om gevangenes uit die kerker te lei, om hulle wat in donkerte sit, uit die tronk te lei.
JESAJA 42:6-7 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Ek, die HERE, het jou geroep in geregtigheid, en Ek sal jou hand vashou en jou bewaar en jou gee as 'n verbond van die volke, as 'n lig vir die heidene; Om die blinde oë te open, om die gevangenes uit die gevangenis uit te bring en die wat in duisternis sit uit die gevangenis.
JESAJA 42:6-7 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“Ek, die HERE, het jou geroep om my reg te demonstreer. Ek sal jou hand vat en jou beskerm. Ek sluit deur jou ’n verbond met die volk. En jy sal ’n lig vir die nasies wees om hulle na My terug te lei. Jy sal die oë van blinde mense oopmaak, gevangenes uit die tronk bevry, mense wat in die gevangenis sit, vrylaat.