JESAJA 43:18-19
JESAJA 43:18-19 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar moenie net aan die vroeëre dinge dink en by die verlede stilstaan nie. Kyk, Ek gaan iets nuuts doen, dit staan op die punt om te gebeur, julle kan dit al sien kom; Ek maak in die woestyn 'n pad, Ek laat in die droë wêreld riviere ontspring.
JESAJA 43:18-19 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“ Moenie dinge van vroeër in herinnering roep nie; op vorige gebeure moet julle nie die aandag vestig nie. Kyk, Ek gaan iets nuuts doen, dit gaan nou uitspruit. Kan julle dit nie besef nie? Selfs in die woestyn sal Ek 'n pad maak, in die wildernis riviere.
JESAJA 43:18-19 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“Vergeet al die dinge wat in die verlede gebeur het. Dis niks in vergelyking met wat Ek nou gaan doen nie. Ek gaan iets nuuts doen. Dit het alreeds begin gebeur! Sien julle dit nie? Ek maak ’n pad deur die woestyn vir my volk om huis toe te kom! Ek maak vir hulle riviere in die woestyn!
JESAJA 43:18-19 Bybel vir almal (ABA)
Die Here sê: “Julle moenie net dink aan wat voorheen gebeur het nie. Ek laat 'n nuwe ding gebeur, dit sal nou gebeur, en julle weet dit: Ja, Ek maak 'n pad deur die woestyn, en Ek laat riviere daar vloei.
JESAJA 43:18-19 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Dink nie aan die vorige dinge nie, en slaan geen ag op wat vroeër gebeur het nie. Kyk, Ek gaan iets nuuts maak; nou sal dit uitspruit; sal julle dit nie merk nie? Ja, Ek maak 'n pad in die woestyn, riviere in die wildernis.
JESAJA 43:18-19 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Dink nie aan die vorige dinge nie, en let nie op die dinge van ouds nie. Kyk, Ek sal iets nuuts doen; nou sal dit uitspruit; sal julle dit nie weet nie? Ek sal selfs 'n pad maak in die woestyn en riviere in die woestyn.
JESAJA 43:18-19 Die Boodskap (DB)
Die Here sê: Moenie vassteek by die verlede nie. Moenie net dink aan die dinge wat verby is nie. Let op! Ek gaan iets nuuts laat gebeur. Dit het alreeds begin. Kom julle dit nie agter nie? Ek maak deur die woestyn ’n pad vir my volk om terug te kom. Ek laat riviere deur verlate plekke loop.