JESAJA 45:3
JESAJA 45:3 Bybel vir almal (ABA)
Ek sal vir jou die goed gee wat die ander konings weggesteek het in donker plekke. Dan sal jy weet Ek is die Here wat jou geroep het en wat jou naam genoem het, Ek is die God van Israel.
JESAJA 45:3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Ek sal jou die skatte gee wat in die donkerheid is en die verborge rykdomme, sodat jy kan weet dat Ek die HERE is wat jou by jou naam roep, die God van Israel
JESAJA 45:3 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek sal vir jou die skatte gee wat in die donker gebêre word, die rykdomme wat weggesluit is, sodat jy kan weet dat Ek die Here is, dat Ek jou op jou naam geroep het, Ek, die God van Israel.
JESAJA 45:3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ek gee aan jou skatte in die donker, rykdomme in verborge plekke, sodat jy kan weet dat dit Ek, die HERE, is wat jou op jou naam roep, die God van Israel
JESAJA 45:3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Ek sal jou die skatte van die duisternis gee en die verborge rykdom van skuilplekke, sodat jy kan weet dat Ek, die HERE, wat jou by jou Naam roep, die God van Israel is.