JESAJA 45:9
JESAJA 45:9 Bybel vir almal (ABA)
Dit sal sleg gaan met iemand wat wil stry met die God wat hom gemaak het en wat vir God wil sê Hy doen verkeerd. So iemand is soos 'n stuk van 'n kleipot wat gebreek het. Die klei kan nie praat met die pottebakker en sê: “Wat maak jy? Jy werk nie reg nie.”
JESAJA 45:9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
WEE hom wat met sy Formeerder twis — 'n potskerf by erdepotskerwe! Sal dan die klei sê aan die wat dit vorm: Wat maak jy? Of jou werk sê: Hy het geen hande nie!
JESAJA 45:9 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ellende wag vir hom wat die Een verwyt wat hom gevorm het, 'n potskerf tussen potskerwe van klei. Durf die klei vir die een wat dit vorm, sê: “Wat maak jy?” Durf wat jy gemaak het, van jou sê: “Hy kan nie sy hande gebruik nie!”
JESAJA 45:9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“ ‘ Wee hom wat 'n stryd aanknoop met die een wat hom gevorm het – hy is 'n potskerf tussen potskerwe op die grond! Vra die klei vir die een wat dit vorm: “Wat maak jy? Jou maaksel – dit het nie eers handvatsels nie!”
JESAJA 45:9 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Wee hom wat met sy Maker twis! Laat die potskerf met die potskerwe van die aarde stry. Sal die klei vir hom wat dit maak sê: Wat maak jy? of jou werk, Hy het geen hande nie?
JESAJA 45:9 Die Boodskap (DB)
Daar wag probleme vir iemand wat staan en stry met die een wat hom gemaak het. Hy is soos ’n kleipot wat van klei gemaak is. Die klei kan mos nie vir die pottebakker sê nie: “Wat is jy besig om te doen? Weet jy dan nie wat om met jou hande te maak nie?”