JESAJA 46:3
JESAJA 46:3 Die Boodskap (DB)
Almal van Jakob, almal wat van Israel oor is, moet na My luister. Vandat jy gebore is, het Ek vir jou gesorg. Toe jy ’n babatjie was, het Ek jou in my arms rondgedra.
JESAJA 46:3 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“Luister na My, nageslag van Jakob, oorblyfsel uit die nageslag van Israel. Ek het voor geboorte vir julle gesorg en julle kleintyd vasgehou.
JESAJA 46:3 Bybel vir almal (ABA)
“ Nageslag van Jakob, Israeliete wat nog lewe, luister na wat Ek sê. Ek het julle gedra vandat julle gebore is.
JESAJA 46:3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Luister na My, o huis van Jakob en die hele oorblyfsel van die huis van Israel, julle wat deur My gedra is van die moederskoot af, opgeneem is van die geboorte af
JESAJA 46:3 Afrikaans 1983 (AFR83)
Luister na My, nageslag van Jakob, almal wat oor is uit die nageslag van Israel, julle vir wie Ek gedra het van julle geboorte af, wat Ek vasgehou het vandat julle daar is.