JESAJA 50:7
JESAJA 50:7 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die Here my God help my, ek sal nie teleurgestel staan nie; ek sal my nie ontstel nie, ek weet ek sal nie in verleentheid kom nie.
JESAJA 50:7 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Dit is my Heer, die HERE, wat my te hulp kom; daarom voel ek nie verneder nie; daarom het ek my gesig soos vuurklip gemaak. Ek het geweet dat ek nie beskaamd sou staan nie.
JESAJA 50:7 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Omdat die oppermagtige HERE my help, sal ek nie in die skande kom nie. Ek het my gesig hard soos vuurklip gemaak. Ek weet ek sal nie in die verleentheid kom nie.
JESAJA 50:7 Bybel vir almal (ABA)
Ja, die Here help my, daarom kon die mense my nie verneder nie. Die Here help my, daarom het ek my gesig hard gemaak soos klip. Ek weet hulle sal my nie verneder nie.
JESAJA 50:7 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar die Here HERE help My; daarom kom Ek nie in die skande nie; daarom het Ek my aangesig gemaak soos 'n keisteen, en Ek weet dat Ek nie beskaamd sal staan nie.