JESAJA 51:16
JESAJA 51:16 Bybel vir almal (ABA)
Ek het my woorde in jou mond gesit en Ek het jou toegemaak in die skaduwee van my hand. Ek het die hemeldak gemaak en Ek het die aarde op sy plek gesit. Ek het vir die mense van Sion gesê: Julle is my volk.”
JESAJA 51:16 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek het vir jou gesê wat jy moet sê, en jou beskerm in die skaduwee van my hand, want Ek het die hemel oopgespan en die aarde se fondamente gelê en vir Sion gesê: Jy is my volk.
JESAJA 51:16 Die Boodskap (DB)
Ek het die lug oor die aarde gespan. Ek het die aarde stewig op sy plek neergesit. Ek het vir Jerusalem se inwoners gesê: “Julle is my volk.” Ek sê vir jou wat jy moet sê. Ek beskerm jou.
JESAJA 51:16 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Ek het my woorde in jou mond gesit. Ek het jou beskerm met die skadu van my hand. Dis Ek wat die sterre op hulle plek sit, en die aarde gevestig het. Dis Ek wat vir Sion sê: ‘Jy is Myne!’”
JESAJA 51:16 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Ek het my woorde in jou mond gelê en in die skaduwee van my hand jou verberg; om die hemel te plant en die aarde te grond en aan Sion te sê: My volk is jy!