Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

JAKOBUS 1:2 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion

JAKOBUS 1:2 AFR83 (Afrikaans 1983)

My broers, julle moet baie bly wees wanneer allerlei beproewings oor julle kom

JAKOBUS 1:2 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

AG dit louter vreugde, my broeders, wanneer julle in allerhande versoekinge val

JAKOBUS 1:2 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

My broers en susters, wanneer julle in allerhande beproewings beland, moet julle eintlik baie bly wees.

JAKOBUS 1:2 DB (Die Boodskap)

My liewe mede-Christene, wees opgewonde as julle geloof by elke geleentheid getoets word. Julle weet mos hoe goed dit vir julle geestelike lewe kan wees.

JAKOBUS 1:2-3 ABA (Bybel vir almal)

My vriende, daar gebeur partymaal met julle verskillende soorte slegte dinge wat vir julle toets. Die dinge wil vir julle laat ophou om God te dien. Julle moet baie bly wees wanneer dit gebeur, want julle weet dat wanneer hierdie dinge julle geloof so toets, dan help dit julle om aan te hou glo.

JAKOBUS 1:2 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Beskou dit as 'n groot vreugde, my broers, wanneer allerhande versoekings julle oorval

JAKOBUS 1:2 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

My broers, ag dit louter vreugde wanneer julle in allerhande versoekings val