JAKOBUS 1:9-11
JAKOBUS 1:9-11 Bybel vir almal (ABA)
'n Gelowige wat onbelangrik en arm is, moet bly wees dat die Here dink hy is belangrik. Maar 'n gelowige wat ryk is, moet bly wees dat die Here nie dink hy is belangrik nie, want sy baie goed kan wegraak soos 'n veldblom wat verdwyn. Want wanneer die son begin skyn en dit word baie warm, dan word die veldblomme droog en hulle val af en die mooi blomme is nie meer daar nie. So is 'n ryk mens en sy besigheid, hy sal verdwyn soos 'n veldblom.
JAKOBUS 1:9-11 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar laat die broeder wat gering is, roem in sy hoogheid, en die ryke in sy geringheid, want soos 'n blom van die gras sal hy verbygaan. Want die son gaan op met sy hitte en laat die gras verdor, en sy blom val af, en die sierlikheid van sy gedaante vergaan; so sal die ryke ook in sy weë verwelk.
JAKOBUS 1:9-11 Afrikaans 1983 (AFR83)
'n Gelowige wat arm is, moet hom daarin verheug dat hy sy aansien in God het, en een wat ryk is, dat hy voor God gering is, want die ryke sal vergaan soos 'n veldblom. As die son met sy gloeiende hitte opkom, verskroei dit die plantegroei, die blomme val af en die prag is daarmee heen. So sal die ryke ook tussen al sy bedrywighede deur vergaan.
JAKOBUS 1:9-11 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Laat die broer wat gering is, hom op sy hoë aansien beroem, en die ryke in sy geringheid, want soos 'n veldblom sal hy vergaan. Want die son met sy hitte kom op en verdor die veld, en die blom val af, en sy skoonheid gaan tot niet. Net so sal die ryke verwelk in alles wat hy doen.
JAKOBUS 1:9-11 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Laat die broeder van geringe graad hom verheug omdat hy verhewe is: Maar die ryke, deurdat hy verneder is, want soos 'n blom van die gras sal hy verbygaan. Want die son kom nie vroeër op met 'n brandende hitte nie, maar dit laat die gras verdroog, en sy blom val af, en die sierlikheid van sy gedaante vergaan; so sal ook die ryk man in sy weë verwelk.
JAKOBUS 1:9-11 Die Boodskap (DB)
God werk anders as ons met mense. Vir Hom is daardie arm man of vrou wat in nederige omstandighede bly, baie belangrik. Vir julle met wie dit so gaan, moet dit baie moed gee. Die rykes in die groot huise moet weet dat die status wat geld gee, nie by God tel nie. Sulke mense moet liewer laag by God se voete gaan sit met die besef van hoe klein hulle eintlik voor God is. En weet julle hoekom? Laat ek ’n voorbeeld gebruik. Rykdom of status hou nie lank nie, net soos ’n wilde blommetjie in die veld. In die oggend lyk die blommetjie te pragtig. Maar dan begin die son bak. Teen die middag hang daardie mooi blommetjie verlep en teen die aand is daar niks van hom oor nie. Die blaartjies lê saam met die mooiheid van die blommetjie verskroei op die grond. So is die pad van rykdom. Die ryk man sal tussen al sy status en geld ook maar soos die blommetjie verlep en sterf. En wat help dit alles hom dan?
JAKOBUS 1:9-11 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Gelowiges wat nie status in die samelewing het nie, moet trots wees op die status wat God aan hulle gee. Gelowiges wat ryk is, moet bly wees oor hulle nederige status voor God. Want hulle rykdom sal soos die veld se blomme net ’n rukkie hou. Julle weet mos: Die warm son kom met gloeiende hitte op en verskroei die veld. Die blomme val af, en die veld se prag is weg. So sal die rykes ook met alles wat hulle bymekaargemaak het, vergaan.