JAKOBUS 2:12-13
JAKOBUS 2:12-13 Afrikaans 1983 (AFR83)
Praat en tree dan op soos mense wat geoordeel sal word volgens die wet wat vrymaak. Die oordeel sal onbarmhartig wees oor dié wat nie barmhartigheid betoon nie. Maar barmhartigheid triomfeer oor die oordeel.
JAKOBUS 2:12-13 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Praat so, en tree so op, asof julle deur die wet van vryheid geoordeel gaan word. Die oordeel is immers sonder ontferming oor hulle wat nie ontferming betoon het nie. Ontferming triomfeer oor die oordeel.
JAKOBUS 2:12-13 Bybel vir almal (ABA)
Wanneer julle praat of iets doen, dan moet julle altyd onthou dat God julle sal oordeel. God sal julle oordeel met die wette wat vir mense vrymaak. Want wanneer God oordeel, dan sal Hy nie jammer wees vir mense wat nie goed was vir ander mense nie. Maar as mense goed was vir ander mense, dan sal God nie vir hulle straf nie.
JAKOBUS 2:12-13 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Julle moet so spreek en so doen soos diegene wat deur die wet van vryheid geoordeel sal word. Want die oordeel sal onbarmhartig wees oor die wat geen barmhartigheid bewys het nie; en die barmhartigheid roem teen die oordeel.
JAKOBUS 2:12-13 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
So spreek julle en doen so, soos hulle wat deur die wet van vryheid geoordeel sal word. Want hy sal sonder barmhartigheid geoordeel word wat geen barmhartigheid bewys het nie; en barmhartigheid is bly teen die oordeel.
JAKOBUS 2:12-13 Die Boodskap (DB)
Praat en tree op soos mense wat baie ernstig is om presies te doen wat God van hulle vra. Julle weet mos dat God julle dade by die finale oordeel volgens sy wet gaan toets. Die wet help ’n mens om die grypende kloue van die kwaad te systap. Iemand wat ander mense sonder werklike liefde en gevoel behandel, sal dieselfde liefdeloosheid en gevoelloosheid by die finale oordeel ervaar. As iemand egter liefdevol en sensitief teenoor ander optree, beteken dit dat daar by die oordeel niks teen so ’n persoon gesê sal word nie.
JAKOBUS 2:12-13 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Sorg dus dat jou woorde en dade wys dat jy iemand is wat weet dat jy beoordeel gaan word deur die wet wat vrymaak, die wet van liefde. Wie sonder ontferming optree, sal sonder ontferming geoordeel word. God se ontferming is sterker as sy oordeel.