JAKOBUS 2:13
JAKOBUS 2:13 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want die oordeel sal onbarmhartig wees oor die wat geen barmhartigheid bewys het nie; en die barmhartigheid roem teen die oordeel.
JAKOBUS 2:13 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die oordeel sal onbarmhartig wees oor dié wat nie barmhartigheid betoon nie. Maar barmhartigheid triomfeer oor die oordeel.
JAKOBUS 2:13 Bybel vir almal (ABA)
Want wanneer God oordeel, dan sal Hy nie jammer wees vir mense wat nie goed was vir ander mense nie. Maar as mense goed was vir ander mense, dan sal God nie vir hulle straf nie.
JAKOBUS 2:13 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die oordeel is immers sonder ontferming oor hulle wat nie ontferming betoon het nie. Ontferming triomfeer oor die oordeel.
JAKOBUS 2:13 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want hy sal sonder barmhartigheid geoordeel word wat geen barmhartigheid bewys het nie; en barmhartigheid is bly teen die oordeel.
JAKOBUS 2:13 Die Boodskap (DB)
Iemand wat ander mense sonder werklike liefde en gevoel behandel, sal dieselfde liefdeloosheid en gevoelloosheid by die finale oordeel ervaar. As iemand egter liefdevol en sensitief teenoor ander optree, beteken dit dat daar by die oordeel niks teen so ’n persoon gesê sal word nie.