Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

JAKOBUS 5:16-18 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion

JAKOBUS 5:16-18 AFR83 (Afrikaans 1983)

Bely julle sondes eerlik teenoor mekaar en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die gebed van 'n gelowige het 'n kragtige uitwerking. Elia was 'n mens net soos ons. Hy het ernstig gebid dat dit nie moet reën nie, en in die land het dit drie jaar en ses maande lank nie gereën nie. Toe het hy weer gebid, en die hemel het reën gegee en die aarde het sy oes gelewer.

JAKOBUS 5:16-18 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Bely mekaar julle misdade en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die vurige gebed van 'n regverdige het groot krag. Elía was 'n mens net soos ons, en hy het ernstig gebid dat dit nie moes reën nie, en dit het op die aarde drie jaar en ses maande lank nie gereën nie; en hy het weer gebid, en die hemel het reën gegee en die aarde het sy vrug laat uitspruit.

JAKOBUS 5:16-18 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Daarom moet julle julle sondes teenoor mekaar bely en vir mekaar bid sodat julle gesond kan word. Die gebed van iemand wie se saak met God reg is, het ’n kragtige werking. Elia was ’n mens net soos ons. Nogtans, toe hy ernstig gebid het dat dit nie moes reën nie, het daar drie jaar en ses maande lank nie ’n druppel op die aarde geval nie! Toe hy vir reën gebid het, het God reën gegee. Die plante het weer gegroei.

JAKOBUS 5:16-18 DB (Die Boodskap)

Erken dit openlik as julle dinge gedoen het wat God nie wou gehad het nie. Bid vir mekaar sodat julle gesond kan word. God luister graag na mense wie se saak met Hom reg is. Elia is ’n goeie voorbeeld daarvan. Hy was maar ’n mens net soos ons. Hy het God egter mooi en ernstig gevra dat dit nie moes reën nie. Drie en ’n half jaar lank het die reën toe heeltemal weggebly. Toe bid hy weer en toe begin dit reën. Dit het soveel gereën dat alles weer grasgroen en pragtig was.

JAKOBUS 5:16-18 ABA (Bybel vir almal)

Daarom moet julle vir mekaar sê dat julle jammer is oor julle sondes. Julle moet ook vir mekaar bid sodat julle gesond kan word. Wanneer iemand doen wat die Here wil hê en hy bid, dan sal sy gebed help dat groot dinge gebeur. Elia was 'n mens soos ons. Hy het baie ernstig gebid dat dit nie moet reën nie, en dit het drie jaar en ses maande lank nie gereën op die aarde nie. Toe het Elia weer gebid, en die reën het uit die lug gekom, en die aarde het sy plante laat groei.

JAKOBUS 5:16-18 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Bely dan julle sondes teenoor mekaar, en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die gebed van 'n •regverdige is baie kragtig in sy uitwerking. Elia was 'n mens net soos ons, en hy het vurig gebid dat dit nie moet reën nie, en dit het drie jaar en ses maande lank nie op die aarde gereën nie. Toe het hy weer gebid, en die hemel het reën gegee, en die aarde het sy vrug opgelewer.

JAKOBUS 5:16-18 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Bely mekaar julle misdade en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die kragtige vurige gebed van 'n regverdige het baie baat. Elía was 'n man onderworpe aan soortgelyke hartstogte soos ons, en hy het ernstig gebid dat dit nie moes reën nie; en dit het nie op die aarde gereën oor die verloop van drie jaar en ses maande nie. En hy het weer gebid, en die hemel het reën gegee, en die aarde het sy vrugte voortgebring.