RIGTERS 2:10
RIGTERS 2:10 Bybel vir almal (ABA)
En toe die mense wat saam met Josua gelewe het, ook gesterf het, het 'n nuwe geslag gekom wat nie die Here geken het nie en nie geweet het wat Hy alles vir die Israeliete gedoen het nie.
RIGTERS 2:10 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En toe ook daardie hele geslag by hulle vaders versamel is, staan daar 'n ander geslag ná hulle op wat die HERE en ook die werk wat Hy vir Israel gedoen het, nie geken het nie.
RIGTERS 2:10 Afrikaans 1983 (AFR83)
Al die mense van sy leeftyd het gesterf, en die volgende geslag se mense het nie die Here geken nie. Hulle het ook nie geweet van sy groot dade wat Hy gedoen het om vir Israel te help nie.
RIGTERS 2:10 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Nadat ook daardie hele geslag met hulle voorouers verenig is, het daar 'n ander geslag ná hulle opgestaan wat nie die HERE geken het, en ook nie die dade wat Hy vir Israel gedoen het nie.
RIGTERS 2:10 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En ook daardie hele geslag is by hulle vaders versamel, en daar het 'n ander geslag ná hulle opgestaan wat die HERE nie geken het nie en ook nie die werke wat Hy vir Israel gedoen het nie.