RIGTERS 21:21
RIGTERS 21:21 Bybel vir almal (ABA)
en wanneer julle sien die meisies van Silo kom uit om te dans, dan moet julle uit die wingerde gaan en vir julle elkeen 'n vrou uit die meisies van Silo vang. Dan moet julle teruggaan na die land Benjamin.
RIGTERS 21:21 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En let op, en kyk, as die dogters van Silo uittrek om hulle koordanse uit te voer, dan moet julle uit die wingerde uitkom, en julle moet vir julle, elkeen sy vrou, uit die dogters van Silo vang en na die land Benjamin gaan.
RIGTERS 21:21 Afrikaans 1983 (AFR83)
en kyk mooi: wanneer die meisies van Silo uitkom om te dans, moet julle uit die wingerde opspring en elkeen moet vir hom 'n vrou gryp onder die meisies van Silo. Dan moet julle na die gebied van Benjamin toe gaan.
RIGTERS 21:21 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
en wees op die uitkyk. Die oomblik wanneer die meisies van Silo uitkom om kringdanse te doen, moet julle uit die wingerde kom en elkeen moet vir hom 'n vrou ontvoer uit die meisies van Silo. Dan moet julle na die land van Benjamin gaan.
RIGTERS 21:21 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En kyk, en kyk, as die dogters van Silo uitkom om in danse te dans, kom dan uit die wingerde uit en vang julle elkeen sy vrou uit die dogters van Silo, en gaan na die land Benjamin.
RIGTERS 21:21 Die Boodskap (DB)
en wag. As julle die meisies van Silo sien uitkom om te dans, moet julle uit die wingerde opspring en elkeen vir julle ’n vrou gryp. Vat hulle dan saam met julle terug na die gebied van Benjamin toe.
RIGTERS 21:21 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Let mooi op. Sodra julle sien dat die meisies van Silo uitkom om te dans, moet julle uit die wingerde opspring en elkeen moet vir hom ’n vrou uit die meisies van Silo gaan vang. Gaan dan met hulle terug na julle huise in die gebied van Benjamin.