RIGTERS 5:18 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion

RIGTERS 5:18 AFR83 (Afrikaans 1983)

Sebulon was nie bang vir die dood nie en Naftali het die dood getrotseer op die hoogland.

RIGTERS 5:18 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Sébulon is 'n volk wat sy siel gering ag tot die dood toe; ook Náftali op die hoogvlaktes.

RIGTERS 5:18 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Sebulon was nie bang om te sterf nie, ook nie Naftali op die gevegsfront nie.

RIGTERS 5:18 DB (Die Boodskap)

Maar Sebulon was bereid om lewens te waag in die stryd. Naftali het die dood op die berge in die oë gekyk.

RIGTERS 5:18 ABA (Bybel vir almal)

Maar die mense van Sebulon en Naftali was nie bang nie. Hulle het kom wagstaan op die berge van die land.

RIGTERS 5:18 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Sebulon is manskappe wat die dood uittart, ook Naftali, op die heuwels in die veld.

RIGTERS 5:18 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Sebulon en Naftali was 'n volk wat hulle lewe tot die dood in gevaar gestel het op die hoogtes van die veld.