JEREMIA 1:7-8
JEREMIA 1:7-8 Bybel vir almal (ABA)
Toe sê die Here vir my: “Jy moenie sê jy is 'n kind nie, want Ek stuur jou na mense toe, en jy moet na hulle almal toe gaan en jy moet alles sê wat Ek vir jou sê. Jy moenie bang wees vir die mense nie, want Ek sal by jou wees om jou te red.”
JEREMIA 1:7-8 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar die HERE het vir my gesê: Moenie sê: Ek is jonk nie; want na wie Ek jou ook al stuur, moet jy gaan; en wat Ek jou ook al beveel, moet jy spreek. Wees vir hulle nie bevrees nie, want Ek is met jou om jou uit te red, spreek die HERE.
JEREMIA 1:7-8 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe sê die Here vir my: Jy moenie sê: “Ek is te jonk” nie. Jy moet gaan na wie toe Ek jou ook al stuur, en alles wat Ek jou beveel om te sê, moet jy sê. Moenie vir hulle bang wees nie, want Ek is by jou, Ek sal jou red.
JEREMIA 1:7-8 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar die HERE het vir my gesê: “Moenie sê, ‘Ek is nog 'n kind’ nie, want na wie ook al Ek jou stuur, moet jy gaan, en wat ook al Ek jou beveel, moet jy sê. Jy moet nie vir hulle bang wees nie, want Ek is by jou om jou te red,” is die uitspraak van die HERE.
JEREMIA 1:7-8 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar die HERE het vir my gesê: Moenie sê: Ek is 'n kind nie, want jy moet gaan na alles wat Ek jou sal stuur, en alles wat Ek jou beveel, moet jy spreek. Wees nie bevrees vir hulle aangesig nie, want Ek is met jou om jou te red, spreek die HERE.
JEREMIA 1:7-8 Die Boodskap (DB)
Maar die Here het my geantwoord: “Moenie sê jy is te jonk nie. Jy moet na die mense toe gaan na wie Ek jou stuur en vir hulle my boodskap gee. Jy moet ook nie vir hulle bang wees nie. Ek belowe jou, Ek sal by jou wees en jou beskerm.”
JEREMIA 1:7-8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Maar die HERE het geantwoord en gesê: “Moenie sê jy is te jonk nie. Gaan na die mense waarheen Ek jou stuur en gee my boodskap vir hulle. Jy moet ook nie bang wees vir hulle nie. Ek sal by jou wees en jou beskerm! Ek is die HERE wat so sê.”