JEREMIA 14:7
JEREMIA 14:7 Afrikaans 1983 (AFR83)
As ons sondes teen ons getuig, Here, tree tog op ter wille van u Naam. Ons het so baie keer van U af weggedraai, ons het teen U gesondig.
JEREMIA 14:7 Bybel vir almal (ABA)
Here, ons sonde praat teen ons, en U moet met ons doen wat U besluit, want U is die Here. Ons het baie maal opgehou om U te dien, ons het teen U sonde gedoen.
JEREMIA 14:7 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Hoewel ons ongeregtighede teen ons getuig, o HERE, doen dit om u Naam ontwil; want ons afkerighede is baie, ons het teen U gesondig.
JEREMIA 14:7 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“ Al getuig ons sondeskuld teen ons, HERE, tree op ter wille van u Naam! Ja, ons afvalligheid is erg; teen U het ons gesondig.
JEREMIA 14:7 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
O HERE, al getuig ons ongeregtighede teen ons, doen dit ter wille van u Naam; want ons afkerighede is baie; ons het teen U gesondig.
JEREMIA 14:7 Die Boodskap (DB)
Die mense het gereageer en gesê: “Here, al die verkeerde dinge wat ons gedoen het, het ons nou ingehaal. Ons het nie reg teenoor U gedoen nie. Ons was al soveel keer dislojaal teenoor U. Maar al is dit so, Here, help ons ter wille van u eie reputasie.