JEREMIA 22:3
JEREMIA 22:3 Bybel vir almal (ABA)
Die Here sê: Julle moet reg doen en julle moet die mense straf wat verkeerd doen. Julle moet die mense help wanneer ander mense hulle goed gevat het, julle moenie vreemdelinge, weeskinders en weduwees laat swaarkry nie, julle moenie in hierdie plek mense laat doodmaak wat onskuldig is nie.
JEREMIA 22:3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
So spreek die HERE: Doen reg en geregtigheid, en red die beroofde uit die hand van die verdrukker; en doen geen skade, geen geweld aan vreemdeling, wees en weduwee nie, en vergiet geen onskuldige bloed in hierdie plek nie.
JEREMIA 22:3 Afrikaans 1983 (AFR83)
So sê die Here: Handhaaf die reg en wees regverdig! Red dié wat beroof word, uit die mag van die uitbuiter, ook die vreemdeling, die weeskind en die weduwee. Moenie die reg vertrap nie, moenie geweld pleeg en moenie mense onskuldig om die lewe bring in hierdie plek nie.
JEREMIA 22:3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
So sê die HERE: “Laat reg en geregtigheid geskied, en red dié wat beroof word uit die hand van verdrukkers. •Vreemdelinge, vaderloses en weduwees moet julle nie mishandel of geweld aandoen nie, en onskuldige bloed moet julle nie vergiet in hierdie plek nie.
JEREMIA 22:3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
So sê die HERE; Doen reg en geregtigheid, en red die gebuites uit die hand van die verdrukker; en doen geen onreg nie, doen geen geweld aan die vreemdeling, die wees of die weduwee nie, en vergiet geen onskuldige bloed in hierdie plek nie.
JEREMIA 22:3 Die Boodskap (DB)
Die Here sê: Julle moet eerlik en regverdig optree. Doen wat reg is. Verder moet julle ook mense help wat deur ander bedrieg is. Beskerm hulle teen hierdie bedrieërs. Julle mag ook nie mense wat nie van julle eie mense is nie of weeskinders en weduwees sleg behandel nie. Hou ook op om onskuldige mense te vermoor.
JEREMIA 22:3 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“‘Die HERE sê: Julle moet eerlik en regverdig optree. Doen wat reg is. Julle moet ook mense help wat deur ander bedrieg is. Beskerm hulle teen hierdie bedrieërs. Julle mag ook nie vreemdelinge, weeskinders en weduwees mishandel nie. Hou ook op om onskuldige mense te vermoor!